duimnael|links|Satellietbeeld van die Columbiarivier Die Columbiarivier (Engels: Columbia River) is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in Kanada en die Verenigde State. Die Columbiarivier het 'n lengte van 2 000 km en is die waterrykste rivier in Noord-Amerika, wat in die Stille Oseaan uitmond, asook die langste rivier in die Pasifiese Noordweste van Noord-Amerika. "Largest Rivers in the United States". Besoek op 11 Februarie 2015. Die rivier is genoem na die Amerikaanse kaptein Robert Gray se skip Columbia Rediviva, wie die rivier op 11 Mei 1792 as eerste Europese bevaar het.
Die Columbiarivier ontspring in die Columbiameer in die Kanadese provinsie Brits-Columbië en vloei in suidwestelike rigting, waar dit die Amerikaans-Kanadese grens kruis en deur die stede Portland en Vancouver loop. Op die laaste 480 km vorm die Columbiarivier die grens tussen die Amerikaanse deelstate Oregon en Washington. Die rivier se bekken streek oor sowat 668 000 km², waarvan sowat 15% in Kanada geleë is. Die langste sytak van die Columbiarivier is die Snakerivier.
Verwysings
Kategorie:Brits-Columbië Kategorie:Oregon Kategorie:Riviere in Kanada Kategorie:Riviere in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Washington