Die Volkswagen New Beetle is 'n kompakte motor, wat deur Volkswagen in 1997 vrygestel is. Dit trek sterk inspirasie uit die oorspronklike Beetle se buite-ontwerp. In teenstelling met die oorspronklike Beetle, is die New Beetle se enjin aan die voorkant geplaas en dryf die voorwiele aan, met 'n bagasiebak aan die agterent.

Geskiedenis By die Noord-Amerikaanse Internasionale Motorskou in 1994, het Volkswagen die Konsep Een onthul, 'n "retro" konsepmotor met vele ooreenkomste met die oorspronklike Volkswagen Beetle. Dit is ontwerp deur J Mays en Freeman Thomas by die maatskappy se ateljee in Kalifornië en die konsepmotor was gebaseer op die Volkswagen Polo se platform. 'n Rooi cabrioletkonsep was by die Geneefse Internasionale Motorskou te sien, ook in 1994.

In 1995 is 'n nuwe weergawe van die Konsep Een by die Tokiose Motorskou getoon. Hierdie een het groot herstilering en lyk baie soos die finale produksie-weergawe, van stapel gestuur in 1998. Heelwat spesiale uitgawes is vrygestel, soos die Malibu Barbie New Beetle.

In Mei 2010 het Volkswagen aangekondig dat produksie van die huidige bakwerk van die New Beetle sou staak in 2011. In 2011 is 'n nuwe model bekendgestel om die New Beetle te vervang, en die New Beetle se naam is terug verander na die oorspronklike modelnaam wat dit vervang het.

280px

Verwysings

New Beetle