Die Ford Fiesta is 'n superminimotor wat sedert 1976 deur die Ford Motormaatskappy vervaardig word, en is nou in sy sewende geslag. Die Fiesta word in Europa, Brasilië, Argentinië, Meksiko, Venezuela, China, Indië, Taiwan, Thailand en Suid-Afrika vervaardig.

In 2010 is die sesde generasie Fiesta (Merk VI) wêreldwyd bekendgestel, wat dit die eerste Fiestamodel maak wat in Noord-Amerika verkoop word, sedert die Fiesta Merk 1 aan die einde van 1980 gestaak is.

Ford het al meer as 16 miljoen eenhede van die Fiesta verkoop sedert 1976,, Autoblog, Julie 2011, Besverkopermotors, Maart 2012, Besverkopermotors, Maart 2013 wat dit een van die besverkoper Fordmodelle maak na die Escort en die F-reeks.

Spesifikasies: Ford Fiesta EcoBoost PowerShift Ambiente Enjin: Inlyndriesilinder 999 cc turbo Krag: 74 kW @ 6000 opm Wringkrag: 170 Nm @ 1400-4500 opm Ratkas: Sesgangdubbelkoppelaar Wiele: 15 duim staal 0-100 km/h: 10.8 sek Topspoed: 180 km/h Brandstoftenk: 42 liter Prys: R204 900 (Suid-Afrika, Desember 2015)

Sien ook Ford Fiesta RS WRC wêreldtydrenmotor.

Verwysings

Fiesta