Die Auto Union 1000 was 'n kompakte voorwielaangedrewe sedanvoertuig wat tussen 1958 en 1963 deur die Duitse motormaatskappy Auto Union GmbH vervaardig is. Dit was die eerste (en in vele markte ook die laaste) model wat sedert die 1930's as 'n Auto Union gebrandmerk was deur die vervaardiger. Dit het die eienaardigbenaamde DKW 3=6 vervang, alhoewel laasgenoemde vir nog 'n jaar bly voortleef het as die DKW 900.

Die 1000 S het in 1958 ₤1442 nuut gekos in Suid-Afrika.Afgelaai van transunion.co.za op 24 September 2016

Verwysings

Auto Union