Die Mercedes-Benz R-klas is 'n luukse MPV wat gebou en bemark was deur Daimler AG van die 2006 modeljaar, tot in 2017, onder die Mercedes-Benz merk. Dit was die eerste volgrootte veeldoelige voertuig wat ooit deur Mercedes-Benz vervaardig is. Dit is die eerste keer vertoon by die 2002 Detroit Motorskou as die Visie GST (Grand Sport Tourer) konsep, en die finale produksievoertuig was te sien by die 2005 New York Internasionale Motorskou.

Die R-klas was gebou op die W251 onderstel, en in Vance, Alabama gemonteer. Dit was geprys tussen die M-klas en die GL-klas. Dit was aanvanklik deur Mercedes-Benz bemark as 'n "Sport Cruiser" en later as 'n "Family Tourer". Die R-klas was aangebied in twee aslengtes, 2980 mm en 3215 mm, laasgenoemde synde die enigste aanbieding in die VSA. Modelle met die Bluetec dieselenjin was ingevoer vir die 2009 modeljaar in sekere markte, terwyl ander markte Mercedes se BlueEFFICIENCY tegnologie gekry het.

Verwysings

R-klas