Die Mercedes-Benz E-klas is 'n reeks luukse motors wat sedert 1993 deur Mercedes-Benz vervaardig word in verskeie enjin- en bakkonfigurasies. Voor 1993 het Mercedes-Benz dieselfde kategorie-motor aangebied onder 'n nie-verenigde nomenklatuur.

Die E het aanvanklik gestaan vir "Einspritzmotor" (Duits vir brandstofinspuitingenjin); 'n nuwe eienskap in volumeproduksievoertuie teen die tyd dat die E-klas die eerste keer verskyn het, met die E as 'n agtervoegsel aan die enjinnaam (bv. 230E) in die 1960's. Dit was eers met die bekendstelling van die opgekikkerde W124 in 1993 dat 'n E gebruik is as 'n voorvoegsel (bv. E220) en die model amptelik na verwys is as die E-klas. Teen hierdie tyd het alle Mercedes-sedanmotors oor brandstofinspuiting beskik en die maatskappy het gevoel dit was nie meer nodig om dit by te voeg nie.

Die E-klas is Mercedes-Benz se topverkopermodel, met meer as 16 miljoen verkope teen 2023. Die eerste E-Klas-reeks was oorspronklik beskikbaar as vierdeur-sedan, vyfdeur-stasiewa, tweedeur-koepee en tweedeur-kabriolet. Van 1997 tot 2009 is die ekwivalente koepee en kabriolet onder die Mercedes-Benz CLK-klas-naam verkoop; wat gebaseer was op die meganiese onderbou van die kleiner C-klas, terwyl die stilering en sommige kragbronne van die E-klas geleen is. Die tendens het voortgeduur met die C207 E-klas koepee/kabriolet wat parallel met die W212 E-klas sedan/wa verkoop is. Met die nuutste inkarnasie van die E-klas wat vir die 2017-modeljaar vrygestel is, deel alle bakstyle dieselfde W213-platform.

As gevolg van die E-klas se grootte en duursaamheid, het die motors ook dikwels gedien as taxi's in Europese en Asiatiese lande. Mercedes-Benz bied ook spesiale-doelvoertuie (bv. vir polisie, ambulanse of lykswaens) aan uit die fabriek.

Die eerste model van die E-reeks is in 1993 bekendgestel. Die letter "E" kom van die Duitse Einspritzmotor (brandstofinspuitingsenjin). Tans word 'n nuwe model vervaardig met die kode W214.

Kronologiese galery W120-W121 (1953-1962) Die eerste middelluukse klas Mercedes is die eerste voorouer van die E-reeks. Dit is deur Daimler-Benz in Oos-Duitsland en Australië vervaardig tot 1962.

W110 (1961-1968) Voortsetting van die W120-W121-reeks. Die agterligte is vervang en die dak van die voertuig is verkort. Die reeks het as die Fintail bekendgestaan.

W114 (1968-1976) Die middelklas Mercedes is in 1968 herontwerp. 'n 6-silinder enjin is vir die eerste keer in hierdie model gebruik.

W115 (1968-1976)

W123 (1976-1986) Dit was een van Mercedes-Benz se gewildste voertuie en het die maatskappy se reputasie aansienlik verbeter. Dit het die besverkopermotor van sy tyd geword met 2,6 miljoen verkope.

C123 (1976-1986)

S123 (1976-1986)

V123 [langasafstand] (1976-1986)

W124 (1985-1996) Ná die opkikkering in 1993 het dit begin bekendstaan as die E-klas. Hierdie is die eerste motor van die E-reeks.

A124 (1985-1996)

C124 (1985-1996)

S124 (1985-1996)

W124 (1985-1996)

W210 (1995-2002) Die W210, wat sedert die begin van 1995 vervaardig is, het as gevolg van sy hoë prys in die luukse klas ingeskuif. In 2002 is dit vervang deur die W211.

duimnael|links|330px|Mercedes-Benz E-klas tydlyn

Verwysings

Eksterne skakels

E-klas Kategorie:Sedans