Rastatt 280px Kaart Wapen 170px|center 75px|center Logo Land Deelstaat 20px Baden-Württemberg Koördinate Stigting (eerste verwysing) 1084 Stadstatus Omstreeks 1700 Oppervlakte 59,02 km2 Hoogte bo seevlak 115 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2013) 47 110 www.destatis.de - Bevolkingsdigtheid 798,2/km2 Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Hans Jürgen Pütsch Amptelike Webwerf rastatt.de
Rastatt [ˈʁaʃtat] is 'n stad in die deelstaat Baden-Württemberg, Duitsland met 'n bevolking van sowat 47 000. Dit is geleë op die Murgrivier, 6 km bo sy aansluiting met die Ryn, sowat 22 km suidwes van Karlsruhe en 12 km noord van Baden-Baden. Rastatt is die naamgewende nedersetting en administratiewe setel van die distrik Rastatt.
Rastatt het in 1714 internasionale bekendheid verwerf toe die Spaanse Opvolgingsoorlog met die ondertekening van die Vredesverdrag van Rastatt beëindig is. In die 18de eeu het in Rastatt, wat destyds as regeringsetel van die Markgraafskap Baden-Baden gedien het, weelderige geboue in die barokstyl ontstaan. In die 19de eeu is die stad tot 'n federale vesting uitgebou en het tot in die laat 20ste eeu as garnisoenstad gedien. Vanweë sy militêre betekenis het die stad 'n belangrike rol in die Badiese Rewolusie van 1849 gespeel.
In 1992 het die motorvervaardiger Mercedes-Benz 'n vervaardigingsaanleg in Rastatt geopen.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die stad Rastatt: foto's
Kategorie:Nedersettings in Baden-Württemberg