Coenraad Beyers (1893–1975) was 'n Suid-Afrikaanse historikus, argivis en heraldikus. Hy het in 1944 die Hertzogprys vir Wetenskaplike Prosa gewen vir sy werk Die Kaapse Patriotte.
Hy was werksaam in die Staatsargief vanaf 1927 en was die Hoofargivis van 1944 tot en met sy aftrede in 1953. In 1959 is hy aangestel as hoof van die Buro vir Heraldiek en Heraldiekraad wat deur die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap bedryf is. Die Buro vir Heraldiek en Heraldiekraad is in 1963 in die lewe geroep en Beyers is aangestel as Staatsheraldikus. In 1964 word hy opgevolg deur Norden Hartman. Hy het in 1971 finaal afgetree.
Sien ook Suid-Afrikaanse heraldiek
Bron Gedeeltelik vertaal uit die Engelse Wikipedia. http://www.freebase.com/m/04d__qw besoek op 2 Februarie 2015
Kategorie:Suid-Afrikaanse geskiedkundiges Kategorie:Afrikaners Kategorie:Heraldikusse Kategorie:Suid-Afrikaanse heraldiek Kategorie:Geboortes in 1893 Kategorie:Sterftes in 1975