Maud Gonne MacBride (Iers: Maud Nic Ghoinn Bean Mac Giolla Bhríghde, * 21 Desember 1866, † 27 April 1953) was 'n Ierse rewolusionêr, kampvegter vir vroueregte en aktrise wat veral deur haar onstuimige verhouding met die digter William Butler Yeats bekendheid verwerf het. Yeats het haar in sommige van sy mees bekende gedigte onsterflik gemaak.
Maud Gonne word daarnaas onthou vir haar rol in die stryd vir Ierse burgerregte en onafhanklikheid. Alhoewel sy 'n boorling van Engeland was, was sy só ontsteld oor die verdrywing van Ierse kleinboere gedurende die sogenaamde Landoorloë dat sy die saak van Ierse nasionaliste begin ondersteun het. Vervolgens het sy haar aktief vir Ierse selfregering (Home Rule) beywer.
Die ontydige afsterwe van haar seun Georges op die ouderdom van twee - 'n gebeurtenis wat Yeats in een van sy ongepubliseerde gedigte behandel het - het haar lewe met droefheid oorskadu. Die pyn van die verlies was só groot dat Gonne 'n poging onderneem het om die kleuter deur seksuele omgang naas sy doodskis weer tot die lewe te verwek.BBC News, 31 Januarie 2015: Ireland's heroine who had sex in her baby's tomb. Besoek op 2 Februarie 2015
Verwysings
Kategorie:Ierse aktiviste Kategorie:Geboortes in 1866 Kategorie:Sterftes in 1953