Die Volkswagen CC (oorspronklik bekend as die Volkswagen Passat CC in sy eerste geslag) is 'n vierdeursedan-fastback weergawe van die Volkswagen Passat. Sy debuut was in Januarie 2008 by die Noord-Amerikaanse Internasionale Motorskou in Detroit. Volgens Volkswagen staan die agtervoegsel CC vir Comfort Coupé.
Die CC val tussen die Passat en die Phaeton in die VW-reeks – terwyl gebaseer op die Passat – en deel sy asafstand. Die CC is 27 mm langer, 50 mm laer, en 36 mm wyer as die Passat.
Verwysings
CC