Die nasionale vlag van Israel (Hebreeus: דגל ישראל, Degel Jisra'él; Arabies: علم إسرائيل, ʿAlam Israʼīl) is op 28 Oktober 1948 amptelik goedgekeur, vyf maande nadat die Staat Israel tot stand gekom het. Dit verteenwoordig die staat, sy soewereiniteit, sy instansies en sy burgers, sowel in Israel asook in die wêreld. Die vlag vertoon ’n blou Dawidster tussen twee horisontale blou bane op ’n wit agtergrond. Die Israeliese vlagwetgewing bepaal die amptelike afmetings op 160 by 220 cm. Daarom is die amptelike verhoudings 8:11. Variante met ’n wye verskeidenheid van verhoudings kan gevind word, met 2:3 wat algemeen is.
duimnael|links|’n Tradisionele talliet met blou strepe, waarvolgens die vlag van Israel ontwerp is Die blou kleur word as “donker lugblou” beskryf Joseph Sprinzak, Speaker van die Tussentydse Raad van Staatsverklaring van die Vlag van die Staat Israel word aangehaal en wissel van vlag tot vlag. Die vlag is in 1891 vir die Sionistiese Beweging ontwerp. Die basiese ontwerp herinner aan die talliet (טַלִּית), die Joodse gebedskleed, wat wit is met donker strepe. Die simbool in die middel verteenwoordig die Dawidster (מָגֵן דָּוִד, Maden David), ’n Joodse simbool wat van Antieke tye dateer. Die vlag het in Risjon LeSion tydens die eerste alijá in 1885 verskyn en is in Basel deur die Eerste Sionistiese Kongres van 1897 aanvaar. Hierdie vlag is verkies bo die "Sewester-vlag" wat deur Theodor Herzl voorgestel is. Na die stigting van die Staat Israel het die Voorlopige Staatsraad die vlag van die staat bespreek. Die vlag van die Sionistiese beweging is amptelik gekies om vanaf 28 Oktober 1948 as vlag van die staat Israel te dien en het voorkeur geniet bo ander idees, hoofsaaklik as gevolg van die gewildheid onder die Joodse volk. Die regstatus van die vlag is veranker in die Vlag- en Simboolwet 5719–2018 en het grondwetlike status in die Grondwet ontvang: Basiese wet: Israel as die nasiestaat van die Joodse volk.
’n Beduidende deel van die van die Staat Israel se Joodse bevolking, en van die Jode wat in ander lande woon, beskou die nasionale vlag as ’n simbool van die onafhanklikheid van die Staat Israel. Een van die mees algemene uitdrukkings hiervan is die opheffing van die vlag op huise en motors op Onafhanklikheidsdag. In die ultraortodokse sektor is daar ’n polemiek oor die houding jeens die vlag en sy plek in hierdie samelewings, veral omdat dit ’n Sionistiese simbool is, en in sommige Arabiese sektore is daar dieselfde polemiek omdat dit ’n Sionistiese en Joodse simbool is.
In 2007 is ’n Israelse vlag van 660 m by 100 m met ’n gewig van 5,2 ton naby die antieke Joodse vesting Masada onthul waar dit ’n wêreldrekord opgestel het vir die grootste vlag. Dit is later deur ’n reuse-vlag van Libanon verbygesteek, wat in 2013 weer deur ’n reuse-vlag van Roemenië in Clinceni geklop is.
Ontwerp duimnael|links|Volgrootte Israelse vlag duimnael|links|Onafhanklikheidsverklaring op 5 Iljar 5708 (14 Mei 1948) Die vlag se vorm is in ’n amptelike verklaring van die Voorlopige Staatsrad (מועצת המדינה הזמנית) soos volg bepaal:
Die geldigheid van hierdie bepalings is vasgelê in die Vlagwet van 5709–1949. In vlagkundige terme is die vlag van Israel ’n reghoekige vlag in ’n verhouding van 8:11 tussen sy breedte en sy lengte met 5 afwisselende stroke van wit en blou. Die verhouding tussen die stroke is 3:5:16:5:3. In die middel van die sentrale strook is ’n heksagoon (Dawidster) wat se hoekpunte na die blou strepe wys. Die skakering van die kleur blou word in die wet omskryf as "donker hemelsblou" (כחול כהה, tgélet kehé) wat gedefinieer word as Indanthren Calidon (afgekort: GCDN). Die vlag is spieëlsimmetries in breedte en lengte. Die strepe wat oor die vlag strek is afgelei van die talliet (טלית) die gestreepte gebedskleed van die Jode. Die kleure van die vlag is gebaseer op die tgélet (התכלת), waaruit die rok gemaak is wat deel was van die Hoëpriester se klere. In die praktyk wissel die skakering van die blou van vlag tot vlag en is nie vaas nie, soms donkerblou en soms ligblou.
350px|senter|Konstruksietekening
Kleure duimnael|Moderne foto van die vlag van Israel 30pxKleurskema RGB 0/56/184 255/255/255 Heksadesimal #0038b8 #FFFFFFCMYK 100/70/0/28 0/0/0/0
Interpretasie van kleure Skema Tekstielkleur Wit חֶסֶד, Gesed ("Goddelike welwillendheid") Blou Dit simboliseer die glorie van God, reinheid en Ghwoera (גבורה, "sterkte van God")
Geskiedenis Gebruik van die vlag voor die totstandkoming van die Staat Israel duimnael|Bodenheimer en Herzl se 1897-konsepte van die Sionistiese vlag, in vergelyking met die finale weergawe wat gebruik is tydens die Eerste Sioniste Kongres in 1897 duimnael|Die plek in Nes Siona waar Michael Halpern die vlag gehys het duimnael|Kompanie 608 van die Pionierskorps (Geil ha-Gapparim) hys die Israeliese vlag, Egipte 1940 duimnael|Die vlag van die Sionistiese beweging word vertoon by ’n byeenkoms van die Raad van Afgevaardigdes (Beit ha-Niwgariem), 1944 duimnael|Die Joodse vlag word langs die Britse vlag gehys deur lede van die Polisie van die Hebreeuse Nedersettings (Misjtéret ha-Jisjoewiem ha-Iwri'iem), Mei 1945 duimnael|Vrygelate gevangenes van Buchenwald-konsentrasiekamp toon ’n tuisgemaakte vlag op hul pad na Palestina, 5 Junie 1945 duimnael|Buchenwald-oorlewendes arriveer in Haifa om deur die Britte gearresteer te word, 15 Julie 1945 duimnael|Die "vlag-seël" wat op 31 Maart 1949 uitgereik is, ontwerp deur P. Kraus duimnael|Die Israeliese vlag wat in 1949 by die Verenigde Nasies gehys is toe Israel by die Verenigde Nasies aangesluit het duimnael|Die binnehof van die VN-gebou in New York Stad. Van links na regs: Die vlae van Hongarye, Ysland, Indië, Indonesië, Iran, Irak, Ierland, Israel, Italië en Jamaika (alfabeties gerangskik volgens dié lande se Engelse name) duimnael|Israeliese vlae versier ’n woonstelgebou op Onafhanklikheidsdag duimnael|Tienduisende marsjeer met Israeliese vlae in die "Dans van die Vlae" op Jerusalemdag duimnael|’n Israeliese vlag wat oor die dak van die Ponevezj-Jesjiwa waai op Onafhanklikheidsdag duimnael|’n Reusagtige Israeliese vlag hang teen die hofgebou in Nazareth Illit "Bo-Nazaret") met uitsig op die Arabiese stad Nasaret Die blou bane is veronderstel om die strepe op ’n talliet, die tradisionele Joodse gebedskleed, voor te stel. Die uitbeelding van die Dawidster op die vlag van die Staat Israel word wêreldwyd erken as ’n simbool van die Jode en Judaïsme. Die Dawidster as ’n Joodse simbool dateer uit Antieke tye. Volgens ’n legende het Keiser Karel IV in 1357 toestemming aan die Jode van Praag verleen om ’n vlag met ’n Dawidster te gebruik.
Die Israeliete het ’n blou kleurstof genaamd tgélet gebruik; die kleurstof is gemaak van ’n seeslak (Murex trunculus). Die kleurstof was baie belangrik in Joodse en nie-Joodse kulture van die tyd en is deur koninklikes en boklasse gebruik om klere, gordyne ens. mee te kleur. Die kleurstof van ’n verwante slak kan gebruik word om die purperkleur (argaman) te verkry.
In die Bybel word die Israeliete beveel om een van die drade van hulle klossies (tzitzit) met tgélet te kleur: “As julle die klossies sien, moet julle dink aan al my gebooie sodat julle dit onderhou en nie die sondige begeertes van julle hart en oë navolg nie.” (Num. 15:39). Tgélet stem ooreen met die kleur van die goddelike openbaring (Midrasj Bamidbar Rabbah vx). Teen die einde van die Talmoediese era (500–600 n.C.) het die industrie wat die kleurstof vervaardig het ineengestort. Dit het al hoe skaarser geword en met verloop van tyd het die Joodse gemeenskap vergeet welke spesie van seeslak die spesifieke kleurstof vervaardig. Aangesien Jode nie in staat was om hierdie gebod na te kom nie het hulle die klossies wit gelos. In herinnering aan die gebod van die gebruik van tgélet-kleurstof het dit algemene gebruik vir Jode geword om blou of pers strepe in die kleed van hulle talliet in te weef.
Die idee dat blou en wit – op 'n manier wat aan ’n vlag herinner – die nasionale kleure van die Jode was, is na alle waarskynlikheid eerste deur Ludwig August Frankl von Hochwart, ’n Oostenrykse digter, geopper. In sy gedig Juda's Farben ("Juda se kleure") wat in 1864 gepubliseer is na ’n besoek aan Jerusalem skryf hy:
Oorspronklike Duitse teks:
Anlegt er, wenn ihn Andacht füllt Die Farben seines Landes; Da steht er beim Gebet verhüllt, Weiß schimmernden Gewandes.
Den Rand des weißen Mantels breit Durchziehen blaue Streifen, Sowie des Hohenpriesters Kleid Die blauen Fädenschleifen.
Die Farben sind's des theuren Lands, Weißblau sind Juda's Grenzen: Weiß ist der priesterliche Glanz, Und blau des Himmels Glänzen. Afrikaanse vertolking
Aanlê hy, wanneer gebed hom vul Die kleure van sy land; Daar staan hy tydens gebid gehul, In ’n wit glansende gewand.
Die rand van die wit omhulsel breed Deurweef met blou strepe, Soos die Hoëpriester se kleed Die blou draadslype.
Die kleure is van die geliefde land, Witblou is Juda se grense: Wit is die priesterdom se glans, En blou die hemel se skyn.
Die praktiese gebruik van hierdie vlag in sy bekende vorm dateer uit die dae van die eerste alijá ("opstyging" na Israel). Die skrywer Mordegai Ben Hillel Hakohén (מרדכי בן הלל) dokumenteer ’n fees ter ere van Mosje Montefiore (משה מונטיפיורי) se 100ste verjaarsdag in die jaar 1884 en skryf: "Vir die eerste keer het ons die nasionale kleure aan die algemene publiek geopenbaar, want baie het nie geweet dat blou en wit die kleure van ons mense is nie." Die keuse van kleure, sowel deur Frenkel asook deur mense van die eerste alijá, was nie toevallig nie, aangesien daar in die boek Numeri ("Bemidbar", מדבר), sprake is van die talliet (gebedskleed) met ’n hemelsblou draad:
Die Dawidster-simbool wat opgeneem is in die vlag, word gevind in die kulture van talle volke vanaf die Oudheid, maar word sedertdien in baie kuns- en rituele voorwerpe met die Jodedom geïdentifiseer. In 1885 hys Israel Belkind (ישראל בלקינד), een van die stigters van die Bilu-beweging (תנועת ביל"ו), die vlag wat hy saam met Fanny Meirowitsj (פאני מאירוביץ') ontwerp het in ’n gedaante soortgelyk aan vandag s’n ("’n Stuk wit materiaal met twee hemelsblou strepe aan albei kante soos ons talliet en ’n blou Dawidster in die middel") by geleentheid van die driejaarsviering van die stigting van die landboudorp Risjon LeSion. Hierdie vlag staan bekend as die "Risjon LeSion"-vlag. In 1891 het Michael Halperin (מיכאל הלפרן), een van die stigters van die landboudorp Nes Siona (נס ציונה), ’n soortgelyke vlag gebruik met ’n blou heksagram en die teks “נס ציונה” (Nes Siona, “’n banier na Sion toe”: ’n verwysing na Jeremia 4:6 wat later aanvaar is as die moderne naam van die stad, Nachalat Reuven). ’n Blou-en-wit vlag met die Dawidster en die Hebreeuse woord “Makkabeër” is in 1891 deur die "Orde van die Seuns van Sion" (מסדר בני ציון, Misdar Bnei Sion) in Boston gebruik. Jacob Baruch Askowitsj en sy seun Charles het die “vlag van Juda” ontwerp wat op 24 Julie 1891 tydens die inwyding van die Sionsaal van die Orde van die Seuns van Sion in Boston gehys is. Die vlag was gebaseer op die tradisionele talliet met dun blou bane naby die bo- en onderkant en in die middel ’n sespuntige Dawidster met die woord “Makkabeër” in blou letters geverf. Dis onmoontlik om te weet hoe goed hierdie gebeurtenisse bekend was aan die deelnemers van die Eerste Sionistiese Kongres te Basel in 1897, waar die vlag met twee blou strepe op ’n wit agtergrond en ’n Dawidster daarop aangeneem is en Theodor Herzl se voorstel verwerp is – ’n vlag met sewe goue sterre op ’n wit agtergrond wat die nuwe lewe van Israel (wat toe in 1897 mog nie bestaan het nie) sou versinnebeeld. Theodor Herzl beskryf sy idee van ’n vlag vir die nuwe Joodse tuisland in Der Judenstaat (1896) soos volg: