Lloyd Vernet Bridges, Jr. (1913–1998) was 'n Amerikaanse akteur wat in 'n aantal TV-reekse en meer as 150 rolprente verskyn het. Hy is veral bekend vir die rol van Mike Nelson in Sea Hunt.Lloyd Bridges Biography (1913–1998) – IMDb name Hy was ook die vader van die akteurs Beau Bridges en Jeff Bridges.

Bridges is op 15 Januarie 1913 in San Leandro in Kalifornië gebore. Sy loopbaan begin in 1936 en sou tot sy dood in 1998 duur. Hy was van 1938 tot sy dood met Dorothy Simpson getroud. Hulle het vier kinders gehad. Een van hulle seuns is tydens sy geboorte oorlede. Bridges is op 10 Maart 1998 in Los Angeles, Kalifornië aan natuurlike oorsake oorlede. Hy was 85 jaar oud en is veras.

duimnael|links|Lloyd Bridges in 1989

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1913 Kategorie:Sterftes in 1998 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu