duimnael|links|Robert Byrd en president Richard Nixon in 1973 duimnael|links|Robert Byrd en president Gerald Ford in 1976 Robert Carlyle Byrd (gebore Cornelius Calvin Sale, Jr. (1917–2010) was 'n Amerikaanse politikus van die Demokratiese Party. Hy dien as Senator vir Wes-Virginië van 1959 tot sy dood in 2010. Voor dit was hy van 1953 tot 1959 die Verteenwoordiger vir Wes-Virginië se 6de Distrik. Met 57 jaar in die tuig was hy die langsdienende kongreslid in Amerikaanse geskiedenis.
Byrd is op 20 November 1917 in North Wilkesboro, Noord-Carolina gebore. Hy was van 1937 tot sy dood in 2010 met Erma James getroud. Hulle het twee kinders gehad.
Van 3 Januarie 1953 tot 3 Januarie 1959 was hy 'n lid van die Huis van Verteenwoordigers, daarna 'n lid van die Senaat. In die periodes 1989-1995, 2001-2003 en 2007-2010 was hy president pro tempore (waarnemende president) van die Senaat, 'n pos wat volgens tradisie deur die langsdienende senator van die meerderheidsparty beklee word.
Byrd het op 'n stadium aan die Ku Klux Klan (KKK) behoort. Hy was 'n Grand Cyclops en Kleagle ('n Klansman verantwoordelik vir werwing). In 1958, toe hy vir die eerste keer aan die Senaatsverkiesings deelgeneem het, het hy die KKK opgehemel en alle aantygings daarteen afgemaak of selfs totaal ontken. Hy het daarna herhaaldelik in die openbaar daarvoor om verskoning gevra en afstand van die organisasie gedoen.
Hy is op 28 Junie 2010 in Falls Church, Virginië aan natuurlike oorsake oorlede. Hy was 92 jaar oud en was destyds die oudste dienende Senator gewees.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1917 Kategorie:Sterftes in 2010