Betteridge se opskrifwet is 'n gesegde in die joernalistieke omgangstaal wat lui dat die antwoord op enige koerantopskrif wat op 'n vraagteken eindig "nee" is. Die wet is vernoem na Ian Betteridge, 'n Britse tegnologiejoernalis. Ander benamings vir hierdie waarneming sluit in "Davis se wet" en die "joernalistieke beginsel". 'n Soortgelyke begrip in die deeltjiefisika, met betrekking tot die titels van navorsingsreferate, word ten minste sedert 1988 na verwys as Hinchliffe se reël.
Verwysings
Eksterne skakels Ian Betteridge se webwerf Techcrunch-artikel oor Last.fm en die RIAA
Kategorie:Joernalistiek Kategorie:Uitdrukkings