Catherina Charlotte Kotzenberg ook bekend as Tryna du Toit (13 Januarie 1910, De Aar, Suid-Afrika - 16 Oktober 2005, Pretoria) was 'n Afrikaanse skrywer van liefdesverhaleSpringbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/skrywers.html en het onder die skuilnaam Tryna du Toit geskryf. Gedurende haar loopbaan skryf sy 40 romans en haar werk word ook in 12 omnibusse uitgegee.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Du_Toit,_Tryna Van haar bekende werke is Wag ’n bietjie, Die erfgenaam van La Provence en Donkerpoort. Haar roman Groen koring handel oor tiener swangerskap en was 'n kontroversiële boek toe dit verskyn het. Die filmweergawe, Debbie, was eers verban. Haar laaste novelle was Net soos ’n arend en sy het dit gepubliseer toe sy reeds 81 was.Profiel op nb.co.za , besoek op 4 Januarie 2015Prinsloo, Thinus. Tryna du Toit: Die einde van lang pad. Beeld, 7 Desember 1991 Sy was 'n gebore storieverteller en haar verhale weerspieël haar liefde vir en kennis van die plaaslewe. Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
Lewe en werk Catherina Charlotte du Toit is op 13 Januarie 1910 op De Aar geboreLiefdesverhale: http://www.liefdesverhale.co.za/authors/3307 as die oudste van vyf kinders. Sy word groot en gaan skool op De Aar, waar sy ook matrikuleer. Tydens die skoolvakansies in Maart gaan die gesin gewoonlik na Somersetstrand (later bekend as die Strand).
In 1927 skryf sy in by die Hugenote Opleidingskollege op Wellington waar sy in 1930 ’n Onderwysdiploma verwerf. Hierna hou sy in die distrik van De Aar skool en vir een kwartaal diep in die berge van Barkly-Oos. Dan gee sy onderwys op Burgersdorp totdat sy op 12 Desember 1932 met Wilhelm Kotzenberg, staatsamptenaar van Pretoria, trou. Uit die huwelik word drie kinders gebore, twee seuns (Gustav en Wilhelm) en ’n dogter (Anna). Gedurende haar huwelik is sy eers voltyds huisvrou totdat die kinders groot is en daarna is sy voltydse skryfster.
Sy is ’n lewenslange lid van die Afrikaanse Skrywerskring en vir baie jare lid van die Moedertak van die Afrikaanse-Hollandse Leesunie en die Vrouefederasie. In 1950 word sy aangestel as assistentsekretaris van onderwys in die destydse Transvaal. Na haar man se dood in 1973 woon sy vir lank in ’n woonstel in Hatfield in Pretoria en verhuis later na die Fleurenville-aftreeoord in Arcadia in Pretoria.
Sy was langer as ’n jaar in ’n koma nadat haar been weens gangreen geamputeer is, waarna sy op 16 Oktober 2005 in Pretoria oorlede is. duimnael|Tryna du Toit.
Skryfwerk Reeds as jong kind word haar lus vir stories aangewakker deur haar pa se vertellings oor sy wedervaringe in die ou tyd. As skooldogter hou sy ’n dagboek aan en blink uit in die skryf van opstelle. Die skoolhoof lees per geleentheid haar opstelle aan die klas voor. Haar belangstelling in skryf behou sy lewenslank en aanvanklik skryf sy artikels vir koerante. Wanneer haar familie haar aanmoedig begin sy ernstig te skryf en haar eerste boek is dan in Engels. ’n Uitgewer verwittig haar dat die boek geskik is vir publikasie, maar ’n te klein leserskring sou hê, waarna sy oorskakel na Afrikaans. Sy vertaal hierdie boek later in Afrikaans en dit word gepubliseer as Wag ’n bietjie. Haar eerste gepubliseerde roman, Die Bolander, is ’n inskrywing vir ’n romankompetisie van die Afrikaanse Pers en dit word onder die eerste tien geplaas. Dit spoor haar aan om aan te hou skryf.
Maanlig op die Sabie is ’n kortverhaal wat in die eerste uitgawe van Sarie Marais op 6 Julie 1949 verskyn. Hierdie liefdesverhaal speel af in die Skukuza-ruskamp van die Krugerwildtuin. Baie van haar verhale word as vervolgverhale in Sarie Marais en ander tydskrifte gepubliseer en word daarna in boekvorm uitgegee, insluitende Die wit magnolia en Rooi malvas. Van die verhale word ook deur haar verwerk as radioverhale vir veral Springbokradio, waaronder Laat somer. In haar eerste boeke beeld sy in teenstelling met die neiging tot plaasromans van haar tyd ook ’n nuwe geslag Afrikaners uit, naamlik dié van die veertigerjare en daarna. Hierdie mense is nie agter by hulle Engelse tydgenote nie en beklee prestige posisies in die samelewing, soos dokters, advokate, skoolhoofde, dosente, joernaliste, kunstenaars en tennisspelers wat tot op Wimbledon vorder. Hierdie karakters verteenwoordig ’n welvarende middelklas wat hulself in die groot stede handhaaf. Haar verhale is besonder gewild en word talle kere herdruk en ook in omnibusvorm uitgegee.
Haar eerste drie boeke, Die Bolander, Wag ’n bietjie en Eendekuil, is ’n trilogie. Die Bolander (1946) is een van haar eie gunstelingverhale en vertel van die onderwyseres Annie Celliers, wat op die eerste dag van die nuwe skoolkwartaal uitvind dat die nuwe hoof van Saailaagte die laaste mens is wat sy in daardie posisie sou wou sien. Wag ’n bietjie (1946) vertel van ’n gedwonge huwelik tussen ’n ryk Karooboer en ’n trotse maar arm dokterskind. Die testament van tant Katrien bepaal dat haar halfbroer se kind Magrieta £7 000 erf. Kosie, Magrieta se broer, erf die familieplaas Eendekuil, en Barry Retief, ’n jong kennis van Katrien, erf ’n stuk grond van agthonderd morg wat aan sy eie plaas grens en waarop hy ’n dam wil bou. Al drie die erflatings is egter net geldig indien Barry en Magrieta binne sewe dae na die bekendmaking van die testament met mekaar trou en vir ten minste ses maande as man en vrou op Wag-ʼn-Bietjie bly. Na baie druk van haar broer stem Magriet teensinnig in, waarna Barry en Magriet so verlief raak op mekaar dat daar later geen sprake van ’n egskeiding is nie. Eendekuil (1947) is die verhaal van die mense van die dorpie Saailaagte in die Karoo. Die nuwe skoolhoof is ’n selfversekerde jong Bolander met deurborende grys oë. Annie verstaan nie waarom hy haar so onverskillig behandel nie. Dan is daar Magriet, die stadsmeisie wat ’n gerieflikheidshuwelik met die jong boer Barry moet aangaan. Kosie kry rusie met sy buurman op die plaas Eendekuil, waarna hy moet uitvind die buurman se mooi dogter wil niks meer met hom te doen hê nie.
Die roman Groen koring (1948) word in die sestigerjare as Debbie verfilm, maar word onmiddellik deur die sensors verbied, omdat dit handel oor ’n ongetroude meisie wat swanger raak en dan haar kind laat aanneem. Die verbod word na vyf dae versag, maar ’n ouderdomsperk van 21 jaar word op die film geplaas (die aktrise wat die hoofrol speel, is in hierdie stadium slegs agtien jaar oud). Die verhaal gaan oor die jong Debbie wat verlief raak op Paul Hugo, ’n mediese student, en swanger raak. Hulle kan nie trou nie omdat Debbie minderjarig is en die baba word aangeneem. Sewe jaar later keer Paul uit die buiteland terug en werk weer in Pretoria, waar Debbie woon. Paul maak weer vir Debbie die hof, en ten spyte van sy moeder se besware, trou die twee. Pieter Fourie verwerk Groen koring ook vir die verhoog, nadat dit reeds in die veertigerjare deur Johan Fourie se toneelgeselskap opgevoer is. Die goue gerf (1960) is ’n opvolg op Groen koring. Debbie en Paul se aangenome dogter, Elizabeth, raak deur die bemiddeling van Paul se moeder herenig met haar ouers. Sy vind ook liefde in die arms van Ryk Malan.
In Die helder lied (1948) is Martie verlief op Simon, maar hy dink sy is te jonk om met ’n wewenaar en drie kinders opgeskeep te sit. Kruidjie-roer-my-nie (1949) is die verhaal van die jong kollegestudent Rosa, wat weens haar armoedige afkoms aanvanklik sukkel om by die kampuslewe aan te pas. Sy verkry egter die insig dat elke mens armoede van een of ander aard besit, al is hulle ryk aan geld, wat aan haar die nodige selfvertroue gee om haar potensiaal te verwesenlik. Sy erfenis (1949) speel tydens die Tweede Wêreldoorlog af. Elizabeth Verster se man sterf en sy wil haar seuntjie die erfenis laat kry wat hom toekom, maar loop haar vas in agterdog en vooroordeel.
Die nuwe dokter (1951) is Karen de Wet en dokter Hugo Slabbert glo nie dat ’n vrou ooit ’n man se skoene sal kan volstaan nie, selfs al wys sy gou dat sy meer as bekwaam is. In Verdwaalde liefde (1951) vrees Naomi die terugkeer van haar man, Andrew, na die oorlog. Sy het intussen verlief geraak op Eben Jooste, haar vriend en steunpilaar tydens haar man se afwesigheid. Ou liefde (1952) is die verhaal van ’n vrou se wanhopige stryd om haar huwelik, wat reeds op die rotse is, te red. Dwaalspore(1954) vertel van Chrissie en Mike se verhouding. Hulle is sommer uit die staanspoor haaks, veral omdat sy vermoed dat hy en sy eertydse verloofde nog lief is vir mekaar. Kleingeluk (1955) is die naam van ’n plaas in die Kaap, waar die naam simboliese betekenis verkry in die verhaal van die ontluikende liefde tussen man en vrou. In Wanneer die oestyd kom (1957) vlug Lydia na die platteland om ’n ryk weduwee wat self boer, te gaan verpleeg. Sy het haar vader in ’n motorongeluk verloor en na sy dood vind sy uit dat hy met trustgelde gespekuleer het. Daarna verbreek haar verloofde hulle verhouding omdat Lydia se goeie naam deur hierdie misstap geskaad is. Rusteloos is die seile (1958) vertel van Anton en Louise Bekker, wat jonk getroud is en vele gevare wat hulle huwelik bedreig, die hoof moet bied. Daar is haar vorige kêrel Max, wat nou ’n bekwame regisseur is, en dan het haar ouers ook nog hulle moeilikhede. Haar erfenis (1959) word later heruitgegee onder die titel Hermina se bedrog (1967). Hermina Basson en Elaine is kamermaats wat vir die grap identiteite omruil, maar dan kom Elaine agter dat sy in haar nuwe identiteit ’n Bosveldplaas erf. Hulle kry te doen met Elaine se neef Jan Kriel, wat volgens een van die bepalings van haar eksentrieke oom se testament as voog oor haar aangestel is. Jan is eienaar van die buurplaas en dit is onduidelik of sy belangstelling in sy “niggie” eg is of omdat hy haar beskou as die erfgename van sy buurplaas.