Bun Booyens (14 Januarie 1916, Oudtshoorn-distrik – 25 Mei 2010, Somerset-Wes) was 'n professor in Afrikaanse Kultuur- en Volkskunde aan die Universiteit van Stellenbosch en die skrywer van verskeie kultuurhistoriese boeke.
Lewe en werk duimnael|regs|310px|Prof. H.B. Thom, mev. Joubert en dr. Bun Booyens by geleentheid van die oorhandiging van die G.J. Joubert-Africanaversameling aan die Universiteit Stellenbosch, 1964.
Bun Booyens is op 14 Januarie 1916 op die plaas Nelsrivier in die Oudtshoorn-distrik gebore.Biografiese inligting op rootsweb.ancestry.com, besoek op 4 Januarie 2015 Hy matrikuleer aan die Hoërskool De Rust. Na skool studeer hy verder aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy in 1944 die B.A.-graad, die M.A.-graad in 1946 met ’n verhandeling oor Die verhouding tussen kerk en staat aan die Kaap in die tyd van die Kompanjie (1652–1795) en die D.Phil.-graad in Geskiedenis verwerf. In 1937 behaal hy ook die Primêre Onderwyssertifikaat en hy begin sy loopbaan as onderwyser in ’n eenmanskool. Later is hy agtereenvolgens skoolhoof op George, Robertson en Oudtshoorn,'n Professor Bunyan Booyens: Legende in sy eie leeftyd, besoek op 4 Januarie 2015 waarna hy in 1960 ’n pos as persoonlike assistent van die rektor van die Universiteit van Stellenbosch aanvaar, terwyl hy ook aangestel word as redakteur van Matieland, die universiteit se publikasie vir oudstudente en donateure. Hy is inwonende hoof by die Eendrag-koshuis en is lektor by die Departement van Geskiedenis voordat hy in 1968 lektor word in die Departement van Afrikaanse Kultuurgeskiedenis. Hy word dan aangestel as professor in Afrikaanse Kultuur- en Volkskunde en is voorsitter van die Genootskap vir Afrikaanse Volkskunde. In 1967 stel hy die kursus in Museumwetenskap in. Hy is lid van die Onderwyskomitee van die Minister van die Minister van Nasionale Onderwys. As sportliefhebber dien hy ook op die universiteit se sportkomitee en die Rugbyklub se bestuur. Hy is getroud met Johanna Secunda (Kinna) Joubert, wat in 2009 oorlede is, en hulle seun Bun is later redakteur van Die Burger.Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/booyensb.htm
Booyens is op 25 Mei 2010 op Somerset-Wes oorlede.Geliefde prof. Bun Booyens oorlede, Beeld, 27 Mei 2010
Skryfwerk Hy skryf ’n biografie oor Die lewe van D.F. Malan. Bronwaters van genesing is ’n boek met die geskiedenis en beskrywing van die geneeskrag van warmwaterbronne vir allerhande kwale, vanaf Bybelse tye tot die ou geskiedenis aan die Kaap. Ek heb geseg! is die verhaal van ons jongeliede- en debatsverenigings. Hoe meer siele bevat anekdotes uit sy ryk lewe. Vir die boek oor Stellenbosch 1866–1966 lewer hy bydraes en hy is mederedakteur saam met D.J. Kotze, J.J. Oosthuysen en G.P.J. Trumpelmann vir die boek oor Professor H.B. Thom.
Publikasies JaarPublikasie1965Kerk en Staat 1795–18431969Die lewe van D.F. Malan1971Dagbreek, 1921–1971 (saam met J.J. Oosthuysen)1975Danie Craven1979Adam Tas se dag1981Bronwaters van genesing Fiat Lux: die verhaal van die Instituut vir Blindes te Worcester 1881-1982Nagmaalsnaweek deur die jare Die Stellenbosch Distriksbank 1882–19821983“Ek heb geseg!”: die verhaal van ons jongeliede- en debatsverenigings1987Oriëntale tabak1989“Monument in hierdie deel”: die Landboukoöperasie van Calvinia Beperk, vyftig jaar (1939–1989)1993Die Gereformeerde Kerkbode (1849–1923) as bron vir die Afrikaanse Kultuurgeskiedenis1997Hoe meer siele
Redakteur en samesteller JaarPublikasie1966Stellenbosch 1866–19661969Professor H.B. Thom (saam met D.J. Kotze, J.J. Oosthuysen en G.P.J. Trumpelmann)1970Solomon Caesar Malan (akwarelle)
Bronne
Boeke HAUM “Stellenbosse Galery” HAUM-Uitgewers Kaapstad en Pretoria 1974 Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1” Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 Van Biljon, Madeleine “Geliefde leesgoed” Quellerie-Uitgewers Edms. Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1996
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse geskiedkundiges Kategorie:Geboortes in 1916 Kategorie:Sterftes in 2010