Die swaardvaring (Nephrolepis exaltata) is 'n bekende varing wat as 'n huisplant in tuine, blombakke en hangmandjies voorkom. Die plant hou nie van direkte sonlig nie want dit skroei die blare en die grond moet altyd klam wees.
Indringerplant Die Swaardvaring is afkomstig van Noord-Amerika en Sentraal-Amerika en is 'n kategorie 1b indringerplant in KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Oos-Kaap en Wes-Kaap, en 'n kategorie 3 indringerplant in die Vrystaat, Gauteng, Noordwes en Noord-Kaap.
Galery
Sien ook Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Varings Kategorie:Indringerplante exaltata