Die Naukluftberge is 'n bergmassief in Sentraal-Namibië. Die bergmassief is in die verre oostelike deel van die Namib-Naukluft Nasionale Park geleë. Dit het 'n oppervlakte van ongeveer 850 km². Die hoogste piek is 1 965 meter hoog. Die bergreeks is bekend vir sy dierelewe, waaronder sebra's en luiperde. Die berge het baie klein stroompies en watervalletjies.

Fotogalery

Eksterne skakels

Kategorie:Bergreekse in Namibië