duimnael|regs|300px|Die aanvalle op 11 September 2001 is 'n voorbeeld van terrorisme.

Terrorisme is die gebruik van vrees en geweld om regerings en samelewings te intimideer. Verskillende tipes organisasies (sosiaal of polities) kan terrorisme aanwend in 'n poging om hulle doelwitte te bereik. Mense wat terrorisme pleeg word terroriste genoem.

Terrorisme word dikwels deur politieke organisasies, beide aan die linker en regterkant van die politieke spektrum, gepleeg. Dit kan ook deur godsdienstige groepe, soos Al-Kaïda, uitgevoer word. Beide revolusionêre groepe sowel as regerings wat aan bewind is kan hulle hiermee ophou. Een van die vorme hiervan is die gebruik van geweld teen vreedsame mensePentagon attack om publisiteit vir 'n groep, 'n saak of 'n individu te wen.

Definisie Dis nie altyd maklik om terrorisme te verduidelik nie. Daar is geen amptelike strafregtelike definisie vir terrorisme op internasionale vlak nie. Algemene definisies van terrorisme verwys na die gewelddadige optrede wat bedoel is om vrees (terreur) in te boesem; die najaag van 'n godsdienstige, politieke of ideologiese doel; en die teiken van burgerlikes. Sommige definisies sluit ook dade van onwettige geweld en oorlog in. Die gebruik van soortgelyke taktiek deur kriminele bendes word gewoonlik nie terrorisme genoem nie, alhoewel dieselfde aksies as terrorisme geklassifiseer sal word as dit deur 'n polities gemotiveerde groep uitgevoer word.

Daar is verskeie definisies vir "terrorisme". In sommige gevalle kan 'n groep deur sy ondersteuners as "vryheidsvegters" gesien word, terwyl hulle deur teenstaanders as terroriste beskou word. Die konsep van terrorisme kan omstrede wees. Die term word dikwels deur 'n staat gebruik om sy politieke teenstanders te kritiseer. Dit terwyl sommige state staatsterreur pleeg.

Daar is baie definisies in omloop wat terrorisme vanuit verskillende perspektiewe belig.

In 1967 het die Suid-Afrikaanse regering die Wet op Terrorisme nr 83 aangeneem, wat terroriste-aktiwiteite definieer as handelinge wat die instandhouding van wet en orde in gevaar stel.

Van Dale XIV (2005) definieer terrorisme as: (die pleeg van) gewelddade (individuele of kollektiewe aanslae, gyselaarneming, verwoesting) ter demoralisering van die bevolking om 'n politieke doel te bereik.

'n Kommissie van die Verenigde Nasies definieer terrorisme in 2004 as: "Die onreëlmatige en doelbewuste veroorsaaking van dood of liggaamlike verwonding of ernstige skade aan eiendom wanneer die doel van die gedrag, deur sy aard of konteks, die intimidasie van 'n bevolking is of die dwang van 'n regering of 'n internasionale organisasie om sekere handelinge te stel of daarvan af te sien." Probleme duur egter voort oor die toepaslikheid van hierdie definisie op die militêre eenhede van 'n staat en op bevrydingsbewegings. Daarom is hierdie definisie nie deur alle lande aanvaar en die onenigheid hieroor dra in hoë mate tot die feit dat daar tot dusver geen anti-terrorisme-verdrag gesluit is nie.Hoffman (1998), p. 32, See review in The New York Times Inside Terrorism.

Doel van terrorisme Die doel is om politieke veranderinge af te dwing deur middel van gewelddadige aksies wat die sosiale lewe ontwrig. Hierdie kan bestaan uit die saai van angs - soms met baie gewelddadige optrede - om sodoende politieke stabiliteit te ondergrawe. Doelwitte kan onder andere wees:

onafhanklikheid van 'n volk op sy grondgebied binne 'n staat;

verset teen bestaande sosiale en / of politieke en / of religieuse strukture;

handhawing van die mag van 'n bepaalde organisasie of ondergrondse beweging binne 'n staat.

Soorte terrorisme Anargistiese terrorisme duimnael|upright=.6|Italiaanse Amerikaanse anargis Luigi Galleani, wie se volgelinge, bekend as Galleaniste, het 'n reeks aanvalle en moordpogings van 1914 tot 1932 uitgevoer in wat hulle gesien het as aanvalle op "tiranne" en "vyande van die volk" Anargistiese terrorisme het meer voor gekom tussen 1870 en die jare twintig as vandag. 'n Aantal staatshoofde is vermoor, waaronder die president van Frankryk Marie François Sadi Carnot (24 Junie 1894), Koning Umberto I van Italië (29 Julie 1900) en president van die Verenigde State William McKinley (14 September 1901). Die regverdiging vir anargistiese terrorisme was dat die dade anargistiese idees bekend sou maak. Daar is egter ook baie terroriste en misdadigers wat hulself "anargiste" noem maar wat weinig gemeen het met filosofiese anargiste. Tot die moderne anargistiese terroriste behoort onder andere die Duitse Revolutionäre Zellen (RZ) en die Kanadese Squamish Five. Nie een van beide noem hulself anargisties nie. 'n Aantal anargiste neem deel aan die meer gewelddadige aspekte van betogings, soos die antiglobalisme-protesaksies vanaf die jare negentig. 'n Groot gedeelte van die anargistiese beweging is egter teen die gebruik van geweld en terrorisme, en pleit vir pasifisme.

Terrorisme deur ekstreem linkse organisasies Ekstreem linkse terroriste wil die kapitalisme ondermyn of vernietig om dit te vervang deur 'n kommunistiese of sosialistiese regeringsvorm. Voorbeelde van linkse georiënteerde terroristiese groepe sluit in:

Brigate Rosse (Rode Brigades) (Italië)

Cellules Communistes Combattantes (België)

Kommunistiese Liga 23 September (Mexico)

Euskadi Ta Askatasuna (ETA), (Spanje)

Japannese Rooi Leër (Nihon Sekigun) (Japan)

Rote Armee Fraktion (Duitsland)

Weather Underground (Verenigde State)

New People's Army (Filippyne)

Revolutionaire anti-racistische aksie van RaRa (Nederland)

Sendero Luminoso (Peru)

Action Directe (Frankryk)

Tupamaros (Uruguay)

Terrorisme deur ekstreem regse organisasies links|duimnael|Algiers, 1 Januarie 1962: Ontploffing van 'n bom deur die OAS in die Bab-el-Oued woonbuurt. Ekstreem regse terroriste streef onder andere na die afskaffing van liberale demokratiese regering om outoritêre regimes te installeer. Hulle teiken soms immigrante, is rassisties (bv. Antisemities) en xenofobies (irrasionele angs vir of haat teen vreemdelinge).

In die jare 60 in Frankryk het teenstanders van president Charles de Gaulle onder die naam OAS (Organisation Armée Secrète) baie bomaanslae, veral in Parys, geloods om die onafhanklikheid van Algerië te voorkom, onder leiding van die Franse eks-generaal Salan. Die OAS het in een en 'n half jaar ruim 1000 aanslae gedoen en daardeur het tussen die 3 000 en 12 500 mense om die lewe gekom. Die OAS het sy historiese wortels gedeeltelik in La Cagoule, ver-regse Franse organisasie in die 1930s.

In Suid-Afrika is die Boeremag aktief wat volgens die regering beskou word as 'n regs terreurnetwerk wat verantwoordelik was vir die aanslag in Soweto in 2002.Rise of the Boeremag: A case Study

Gedurende die jare tagtig was daar in Latyns-Amerika fascisties georiënteerde doodsbendes aktief.

Regs-ekstremistiese Israeliese groepe Kach en Kahane Chai in Israel en in die nedersettings op die Westlike Jordaan-rivieroewer. 'n Religieuse sionistiese moderne-ortodokse terroristiese groep, gestig in 1971 met die doel om die Palestyne te verdryf en die grondgebied van die Palestynse gebiede in besit te neem. Hierby is gebruik gemaak van intimidasie, geweld, moord en bombardemente. Hulle was verantwoordelik vir die Bloedbad van Hebron (1994).

Religieuse terrorisme duimnael|'n Ku Klux Klan-byeenkoms in Gainesville, Florida, 31 Desember 1922. duimnael|Vlag van Islamitiese Staat van Irak duimnael|Enkele Al Shabaab-vegters lê wapens op 22 September 2012 neer in Somalië . Godsdienstige terroriste gebruik terreur om te streef na doelwitte wat hulle vanuit hulle godsdiens as opdrag beskou.

Christelik georiënteerd

Army of God, Verenigde State

Lord's Resistance Army, Uganda

The Order, Verenigde State

Ku Klux Klan, Verenigde State

Hindoeïsties georiënteerd

Ananda Marga, Australië, Indië, Noorweë, Thailand

Islamities georiënteerd

Al-Kaïda, wêreldwyd

Islamitiese Staat (in Irak en die Levant) (ISIS, ISIL, IS), Syrië, Irak

Islamitiese Staat – Khorasan Provinsie

Groupe Salafiste pour la Prédication et le Combat, Algerië

Groupe Islamique Armé (GIA), Algerië

Groupe Islamique Combattant Marocain (GICM), België, Nederland en Spanje

Islamic Movement of Central Asia (IMCA), Sentraal-Asië

Egyptian Islamic Jihad (EIJ, Egipte

Gama'a al-Islamiyya, Egipte

Takfir wal Hijra, Egipte, Europa, Midde-Ooste

Abu Sayyaf, Filippyne

Moro Islamic Liberation Front, Filippyne

Jemaah Islamiyah (JI), Indonesië (en omstreken)

Ansar al-Islam (AAI), Irak

Asbat al-Ansar, Libanon

Hezbollah, Libanon (deur onder ander Israel, die VSA, Kanada en die EU as terroristies beskou)

al-Jama'a al-Islamiyya al-Muqatilah bi-Libya, Libië

Ansar Dine, Mali

Al Qaida in the Islamic Maghreb (AQIM), Mali

Boko Haram, Nigerië

Ansaru, Nigerië

Ansar al-Sunna, Mosambiek

Islamic Movement of Uzbekistan (IMU), Oesbekistan

Hamas, Palestinië

Islamic Jihad (PIJ), Palestinië

Harakat ul-Mujahidin (HUM), Pakistan

Al-Shabaab, Somalië

Gerakan Mujahideeën Islam Pattani (GIMP), Thailand

Barisan Revolusi Nasional Melayu Patani (BRN), Thailand

Great Eastern Islamic Raiders' Front (IBDA-C), Turkye

Spilvennote van Weerstand, Iran

Joods georiënteerd

Irgoen/Etsel, Israel

Jewish Defense League, Verenigde State

Kach, Israel

Lechi, Israel

Gush Emunim Underground, Israel

Ander religieuse oriëntasie

Aum Shinrikyo, Japan

Separatistiese terrorisme Sommige onafhanklikheidvegters word ook as terroristies beskou, en hul doel is meestal om 'n eie staat vir hul bevolkingsgroep te skep. Hulle poog om die oorheersende mag te verslaan of te demoraliseer en aandag te trek vir hul "nasionale bevryding". Separatistiese terrorisme was in 2010 in die Europese Unie verantwoordelik vir die grootste deel van die terroristiese aanslae. Veral ETA was verantwoordelik vir baie van hierdie aanslae.

Voorbeelde van seperatistiese groepe met die gebied wat waaroor geveg word:

Armenian Secret Army for the Liberation of Armenia (ASALA) (ASALA), vir Armenië

Euskadi Ta Askatasuna, (ETA) vir 'n onafhanklike Baskeland

Corsica Nazione vir 'n onafhanklike Korsika

Eritrea People Liberation Front (EPLF), vir Eritrea

Front de Liberation du Québec (FLQ), vir 'n onafhanklike Quebec

Ierse Republikeinse Leër (Irish Republican Army - IRA), vir 'n onafhanklike Noord-Ierland / aansluiting by Ierland

Kosovo Liberation Army (Ushtria Çlirimtare e Kosovës – UÇK), vir onafhanklikheid van Kosovo

Mau Mau, die beweging vir die onafhanklikheid van Kenia, gelei deur die latere president Jomo Kenyatta

Organisasie die l'Armée Secrète (OAS), Franse terreurbeweging teen onafhanklikheid van Algerië

Palestinian Liberation Front (PLF) vir 'n onafhanklike Palestinië

Liberation Tigers of Tamil Eelam, vir 'n onafhanklike Tamil-tuisland in die noordooste van Sri Lanka

Populêre Front vir die Bevryding van Palestina, vir 'n onafhanklike Palestinië

Frontorganisasies Die finansierng van terroriste groepe bly 'n belangrike deel van sulke groepe se voortbestaan. Met frontorganisasies word organisasies bedoel wat finansies versamel vir 'n terroristiese organisasie. Voorbeelde sluit in:

Al Barakaat, 'n groep wat verantwoordelik word gehou vir finansiering vir Al-Kaïda

Benevolence International Foundation, 'n liefdadigheidsinstelling wat deur die VSA beskuldig word van die steun van terroristiese aktiwiteite, waaronder die van Al-Kaïda

Global Relief Foundation, beskuldig vir steun aan Islamitiese terroriste

Holy Land Foundation for Relief and Development, 'n liefdadigheidsorganisasie wat aangekla word vir die finansiering van Hamas.

Konsojaya Trading Company, aangekla vir die finansiering van aanslae van Jemaah Islamiyah en Al-Kaïda in Suidoos-Asië.

Individuele terrorisme Daar bestaan ook terrorisme wat deur enkelinge gepleeg word (Eensame wolf (terrorisme)) sonder dat hulle optree vir 'n groter organisasie.