Vir die dinastie met dieselfde naam van 1115–1234, sien Jin-dinastie (1115-1234).

Die Jin-dinastie (Vereenvoudigde Chinees: 晋朝; Tradisionele Chinees: 晉朝; pinyin: Jìn Cháo; Wade–Giles: Chin⁴-ch'ao², IPA: [tɕîn tʂʰɑ̌ʊ]) was ’n Chinese dinastie wat van 265 tot 420 n.C. bestaan het. Daar was twee hooftydperke in die dinastie se geskiedenis: die Westelike Jin (西晉, 265–316) en Oostelike Jin (東晉, 317–420).

Die Westelike Jin is deur Sima Yan (keiser Wu) gestig met Luoyang as hoofstad en die Oostelike Jin deur Sima Rui (keiser Yuan) met Jiankang as hoofstad. Die twee tydperke is ook bekend as Liang Jin (letterlik "twee Jin") en Sima Jin om dit te onderskei van latere dinastieë wat in die Latynse alfabet op dieselfde manier gespel word, soos die latere Jin-dinastie van 1115–1234.

Verwysings Gernet, Jacques (1990). Le monde chinois. Parys: Armand Colin.

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Chinese dinastieë