Vir die dinastie met dieselfde naam van 265-420, sien Jin-dinastie (265-420).
Die Jin-dinastie (ou Afrikaanse spelling: Tsjin; 1115–1234), amptelik die Groot Jin (Chinees: 大金, Dà Jīn), is gestig deur die Wanyan-clan van die Jurge-volk, wat die voorouers van die Mantsjoe-volk was wat sowat 500 jaar later die Qing-dinastie gestig het. Die naam Kin word soms gebruik om dit te onderskei van die vroeëre Jìn-dinastie van China waarvan die naam op dieselfde manier gespel word in die Latynse alfabet. Dit is ook bekend as die Jurgiese Dinastie.
Die Jurgiese stamme is verenig deur die hoofman en later eerste Jin-keiser, Wanyan Aguda (keiser Taizu), wat die Khitans se Liao-dinastie verower het. Tydens die bewind van Aguda se opvolger het die Jin oorlog verklaar teen die Song-dinastie en ’n groot deel van Noord-China verower. Die Song het na suid van die Yangtzerivier gevlug.
Die Jin-dinastie is eindelik verslaan deur die Mongoolse Ryk, wat eers Noord-China en daarna die hele China oorgeneem het.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Chinese dinastieë