Arctocephalus is 'n genus van pelsrobe. Die genus bestaan uit sewe of agt spesies.
Taksonomie Genus Arctocephalus Antarktiese pelsrob, A. gazella Guadalupe-pelsrob, A. townsendi Juan Fernández-pelsrob, A. philippii Galápagos-pelsrob, A. galapagoensis Kaapse pelsrob, A. pusillus Nieu-Seelandse pelsrob, A. forsteri (word bevraagteken - sien onder) Subantarktiese pelsrob, A. tropicalis Suid-Amerikaanse pelsrob, A. australis
Die aantal spesies in die genus word bevraagteken, hoofsaaklik as gevolg van beperkte molekulêre data. Die probleem word vererger deurdat sommige spesies vrugbare kruisings (basters) kan produseer. 'n Onlangse hersiening het aanbeveel dat sewe spesies behou word. Die Nieu-Seelandse pelsrob word 'n subspesie van die Suid-Amerikaanse pelsrob, terwyl die status van die Guadalupe-pelsrob ook bevraagteken word. Ander onlangse studies het aangedui dat die genus dalk parafileties is (nie 'n gemeenskaplike voorsaat het nie). In die geval sal alle spesies (behalwe vir die Kaapse pelsrob) in 'n aparte genus ingedeel word. Die naam Arctophoca is vir die nuwe genus voorgestel.
Verwysings
Kategorie:Vinvoetiges