Suvarnabhumi Internasionale Lughawe (Thai: ท่าอากาศยาน สุวรรณภูมิ; RTGS: Suwannaphum; uit Sanskrit, सुवर्णभूमि, "Golden Land"), (IATA-kode: BKK, ICAO: VTBS), ook bekend as die "Nuwe Bangkok Internasionale Lughawe", is een van twee internasionale lughawens wat Bangkok, Thailand bedien. Die ander een is Don Mueang Internasionale Lughawe.

Die lughawe het die lughawekode BKK by Don Mueang geërf na die ouer lughawe die hantering van internasionale vlugte gestaak het. 'n Moderne snelweg No.7 verbind die lughawe, Bangkok, en die swaarnywerhede op die Ooskus van Thailand, waar die meeste vervaardiging vir uitvoer plaasvind.

Opening Suvarnabhumi is op 15 September 2006 amptelik geopen vir beperkte binnelandse dienste; en vir die meerderheid plaaslike en alle internasionale kommersiële vlugte op 28 September 2006."Bangkok's new airport opens to first commercial flights", USA Today, 15 September 2006.

Die lughawe is tans die belangrikste sentrum vir Thai Airways International, Bangkok Airways en Orient Thai Airlines. Dit dien ook as plaaslike poort en aansluitingspunt vir verskeie buitelandse rederye.

Ligging Die lughawe is geleë in Racha Thewa in Bang Phli, Samut Prakan, sowat 25 kilometer (16 myl) oos van die middestad van Bangkok. Die naam Suvarnabhumi is deur Koning Bhumibol Adulyadej gekies en verwys na die hipotetiese goue koninkryk wat iewers in Suidoos-Asië geleë sou wees.

Die gebou is ontwerp deur Helmut Jahn van Murphy/Jahn Argitekte. Dit is hoofsaaklik gebou deur ITO JV. Die lughawe het die wêreld se hoogste vrystaande beheertoring (132 meter of 434 voet), en is die wêreld se vierde grootste enkelgeboulughawe (563 000 vierkante meter of 6 060 000 vierkante voet).

Suvarnabhumi is die sestiende besigste lughawe in die wêreld, die sesde besigste lughawe in Asië, en die besigste in die land, toe 53 miljoen passasiers in 2012 hanteer is. Dit is ook 'n groot lugvragsentrum, met 'n totaal van 96 rederye bedrywig.

Verwysings

Kategorie:Bangkok Kategorie:Lughawens in Thailand