Johan de Ridder (Pretoria, 21 Januarie 1927 – Pretoria, 29 Januarie 2013) was ’n Suid-Afrikaanse argitek van onder meer woonhuise, kerkgeboue en -sale, restourasieprojekte, monumente, aftreeoorde, woonstelle, jeugsentrums, skole en kantoorgeboue. Van die groot Afrikaanse kerkargitekte, onder andere Gerard Moerdijk, Wynand Louw, Hendrik Vermooten en J. Anthonie Smith, is hy al wat die meeste van sy kerkgeboue vir die Gereformeerde Kerk ontwerp het en nie vir die NG Kerk nie, maar Pieter Dykstra het die onderskeiding dat hy vir geen kerkverband buiten die Gereformeerde Kerk planne opgestel het. Buiten die NG kerk op Aranos in die suide van Namibië was al De Ridder se ontwerpe vir geboue in die destydse Transvaal en Noord-Vrystaat.
Herkoms duimnael|links|Dr. Samuel Henri Pellissier, voorsitter van die Uniale Raad vir Volksang en Volkspele, oorhandig ’n medalje aan mev. Cecile de Ridder, volkspeleleidster, net na afloop van ’n uitvoering in die amfiteater van die Voortrekkermonument in Desember 1949, toe die monument ingewy is. Agter mev. De Ridder staan dr. F.C.L. Bosman. Sy was die moeder van Johan de Ridder en is in 2002 oorlede.
duimnael|'n Groep Gereformeerde predikante uit die laat 19de eeu, onder wie De Ridder se grootjie, Johannes de Ridder (1833–1896). Voor van links: J.L. Maury, De Ridder, M.P.A. Coetsee (sr.), prof. J. Lion Cachet, A.A.J. de Klerk Coetsee, M.P.A. Coetsee (jr.). Agter: L.P. Vorster, W.J. Snyman, P.S. Snyman, M. Pelser, P. Postma, M. Postma, D. Postma, L.J. du Plessis.
links|duimnael|Cecile de Ridder het in 1965 'n erepenning vir volkspele van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. De Ridder se grootjie aan vaderskant, ds. Johannes de Ridder (1833–1896), het in 1857 of '58, kort voor die stigting van die Gereformeerde Kerk as jong onderwyser uit Nederland na Suid-Afrika gekom. Van 1880 tot 1896 was hy die Gereformeerde predikant op Rustenburg. Aan moederskant was De Ridder se oupa ook die stamvader, naamlik Jacobus Punt, wat na Suid-Afrika gekom het as werknemer van die Zuid-Afrikaansche Spoorweg Maatskappij. De Ridder was die seun van Johannes Andries (Dries) de Ridder (1898–1960, die seun van Thomas de Ridder [1871–1937]), Genealogiese besonderhede op geni.com. URL besoek op 30 Julie 2016. wat in die 1920's die eerste sekretaris van die Parkeraad geword het.
Na die Tweede Wêreldoorlog het Dries de Ridder diens gedoen as sekretaris van staatsvoorskotte en daarna, van 1958 tot sy dood sowat twee jaar later, sekretaris van maatskaplike welsyn en pensioene. Oor sy vader het Johan de Ridder in 2008 skryf: "Hy het die huis in Arcadiastraat, Pretoria, in 1927 laat bou waarin ons as gesin vir 25 jaar lank gewoon het. Die huis staan tot vandag ná 81 jaar nog. My pa was 'n lang skraal man, nederig en sonder enige pretensie, 'n ware staatsamptenaar van die ou soort, bekwaam en onkreukbaar. Hy het deur middel van die 'University of South Africa' in 1929 die 'Degree of Bachelor in Commerce' verwerf. Hieroor het hy egter, getrou aan sy karakter, nooit 'n woord gerep nie.
In die 1920's was Dries de Ridder ook 'n goeie rugbyspeler as heelagter van Pretoria se eerste span, in die dae toe die speelvlak nog gruis was en nie gras nie. Dries het 'n besondere liefde vir die natuur en buitelewe gehad en van elke geleentheid gebruik gemaak om te gaan visvang of te jag of voëls te vang. Agter in sy erf in Arcadiastraat het hy 'n groot hok gebou waarin hy 400 voëls aangehou en met liefde versorg het. Gholf was ook een van sy liefdes en sy laaste huis was geleë langs die Swartkop Gholfbaan in Clubview met slegs 'n paar tree vanaf die stoep tot op die baan. Twee jaar na sy aftrede is Dries de Ridder plotselend oorlede op 29 Desember 1960 op 62-jarige ouderdom nadat hy nog die middag gholf gespeel het. Hy was die eerste persoon wat uit die Gereformeerde kerk Lyttelton begrawe is.
duimnael|upright|Johan de Ridder as jong argitek. Johan de Ridder se moeder was Cecile Hendrika Johanna Punt (1901–2002), die suster van dr. Willem Henry Jacobus Punt (1900–1981), jare lank die krag agter die oprigting van die Stigting Simon van der Stel. Cecile de Ridder het haar beywer vir die verbetering van behoeftige bejaardes en kinders se lewensomstandighede. Van 1938 af was sy betrokke by die Volkspelebeweging. Sy was verantwoordelik vir reuse Volkspele-uitvoerings, soos in 1949 met die inwyding van die Voortrekkermonument toe 2 300 Volkspelers opgetree het voor ’n skare van 250 000 mense. In 1952, tydens die Van Riebeeckfees in die Moederstad, het sy 3 000 Volkspelers gelei en in 1955, met die eeufeesviering van Pretoria, meer as 2 000 deelnemers op Loftus Versfeld. Sy was ook jaarliks verantwoordelik vir die Volkspele tydens die Jakarandafees op die Caledoniese terrein. In 2008 het De Ridder as volg oor sy moeder geskryf: "Sy was 'n opvallende mooi vrou met 'n dinamiese persoonlikheid en besondere leierseienskappe."
Om en by 1914–1920 was sy en haar suster Cobie baie in die nuus met hul klassieke dansuitvoerings wat hulle onder leiding van hul ma ten bate van liefdadigheid in die ou Operahuis in Pretoriusstraat, Pretoria gegee het. In 1940 is sy afgevaardig na die eerste Volkspelekursus in Heidelberg. Hier het sy so begeester geraak dat sy vir die volgende tiental jare, met aansteeklike ywer en geesdrif haar gewig voluit ingegooi het by die beweging waarvan sy later die uniale leidster sou word. Onder haar beplanning en leiding het die groot Volkspelevertonings jaarliks tydens die Jakarandafeeste op die Caledoniese gronde in Pretoria plaasgevind. By die Volkspelevertonings vir die Voortrekkermonument se inhuldiging, die Van Riebeeckfees en Pretoria se eeufees was sy in staat om volkome beheer uit te oefen sodat die vertonings met militêre presiesheid verloop het. Sy is op 1 September 2002 in Pretoria oorlede in die ouderdom van byna 101 jaar wat sy in Pretoria deurgebring het.
Opleiding Johan de Ridder, wat in Pretoria gebore is en lewenslank daar gewoon het, het sy skoolloopbaan begin aan die Laerskool Pretoria-Oos (1933–1939) en voltooi aan die Afrikaanse Hoër Seunskool (1940–1943). Hy studeer van 1944 tot 1950 vir ’n B.Arch.-graad onder prof. A.L. Meiring, ’n neef van die argitek Wynand Louw, aan die Universiteit van Pretoria en gradueer op 23 September 1950. De Ridder was een van die eerste studente aan Tukkies se nuwe argitektuurskool, wat opgerig is na aanleiding van ’n besluit deur die argitek Gerard Moerdijk, voorsitter van die universiteitsraad. De Ridder het in 2008 vertel hy het sewe jare lank in die Mac Fadian-gebou in Vermeulenstraat met dié kursus geswoeg.
Sy vroegste ervaring doen hy op by die argitekte P.S. Dykstra (1940) en Aubry Nunn (1946) asook by die Transvaalse departement van werke (1950). In 1960 loop hy ’n kursus in restourasie aan die Rijksmuseum in Amsterdam.
Loopbaan duimnael|links|upright|Die Gereformeerde kerk Krugersdorp, 1956. duimnael|Die Gereformeerde kerk Parys (1955), een van De Ridder se bekendste kerkontwerpe, wat baie aandag in die media geniet het. duimnael|Die Nederduitsch Hervormde kerk Heilbron, ingewy op 1 Desember 1973. duimnael|200px|links|Die Gereformeerde kerk Innesdal (1954). De Ridder begin in 1951 praktiseer in vennootskap met Jaap Woudstra (1898–1953). Ná sy vennoot se dood, kort ná die inwyding van die Gereformeerde Kerk in Brooklyn, Pretoria, sit hy die praktyk, Woudstra en De Ridder Argitekte, voort onder sy eie naam en hou daarmee vol vir minstens 40 jaar. Woudstra was die eerste persoon wat begrawe is uit dié kerk waaraan hy en De Ridder met soveel geesdrif gewerk het. Oor die vroeë vyftigerjare in Pretoria het De Ridder in 1993 as volg geskryf: "In daardie jare was Pretoria nog 'n relatiewe klein stad wat vandag vir diegene wat dit nie geken het nie baie anders sou gelyk het. Waar Volkskas, die Strijdomplein en die Staatopera tans pryk was die ou mark wat teruggedateer het tot die vorige eeu. Byna nie een gebou wat tans Pretoriusstraat tussen Prinsloo- en Bosmanstraat begrens, het byvoorbeeld toe bestaan nie. Daar was geen Munitoria of Provinsiale Gebou nie terwyl die ou Polisiestasie met sy selle, wat opgerig is in die begin van hierdie eeu en waarin Jopie Fourie verhoor is, op die hoek van Bosman- en Pretoriusstraat gestaan het. Sedert 1950 is die grootste deel van die geboue-erfenis in die middestad gesloop en vervang met nuwe geboue. Feitlik al die pragtige ou Victoriaanse huise wat so kenmerkend was van Sunnyside is gesloop om plek te maak vir woonstelblokke wat soos paddastoele verrys het. Dit was die tyd toe wyle Oscar Hurwitz groot dele van Sunnyside en Arcadia in woonstelgebiede omskep het."
Sy seun Josephus Marthinus (Tienie) de Ridder (gebore 1962) het in 1991 tot die praktyk toegetree waarna Johan de Ridder afgetree het. Die praktyk het voortgegaan onder die naam Johan de Ridder Argitek. In 2008 het De Ridder sr. die volgende beskrywing van die praktyk gegee: "Deur die jare was dit ons beleid om 'n klein, kompakte en effektiewe praktyk te bly met lae oorhoofse koste en persoonlike kontrole deur die hoof. Ons glo dat noue persoonlike kontak tussen argitek en kliënt, essensieel is vir die suksesvolle voltooiing van 'n projek. Ons is toegewy aan persoonlike en eerlike professionele diens, met klem op die belangrikheid van die kliënt se argitektoniese, praktiese en finansiële behoeftes. In ons ontwerpe word gestreef na individualiteit, integriteit, eenvoud, funksionaliteit en duursaamheid. Terselfdertyd handhaaf ons 'n hoë standaard van dokumentasie, persoonlike toesig en behoorlike administrasie en beheer oor alle aspekte van die kontrak. (My seun Tienie se) doelwit is om te verseker dat die praktyk se gevestigde tradisies van betroubaarheid, integriteit en stabiliteit behou word terwyl op die voorpunt van die nuutste ontwikkelings in die veld van argitektuur en die beste internasionale argitektoniese praktyke beweeg word."
De Ridder het 10 jaar in die raadgewende stadsbeplanningskomitee gedien en was voorsitter van die Stadsraad van Pretoria se estetiese komitee. Hy het ’n aktiewe rol gespeel in die Gereformeerde Kerk, waarvan hy lank ’n kerkraadslid was, kultuurorganisasies en die Groenkloofse belastingbetalersverereniging. Hy was lid van die Instituut van Suid-Afrikaanse Argitekte, die Suid-Afrikaanse Raad van Argitekte en die Koninklike Instituut van Britse Argitekte (1954–1986).
Toe Johan de Ridder sy studie begin het, was dié beroep nog amper uitsluitlik Engels en die meeste kursusmateriaal en lesings aan die argitektuurskool was daarom ook in Engels. De Ridder het destyds dié materiaal begin vertaal en ook Afrikaanse aantekeninge en spesifikasies begin aanbring. Hy was ’n stigterslid van die Stigting Simon van der Stel. Hy was ’n lid en in ’n stadium voorsitter van die Publikasieraad.
Die Gereformeerde kerke Parys en Lyttelton duimnael|links|'n Syaansig van die Gereformeerde kerk Lyttelton. duimnael|Die binneruim van die Gereformeerde kerk Lyttelton (vroeër bekend as Pretoria-Suid). De Ridder het meesal kleiner kerke met hoogstens 700 sitplekke ontwerp. In 1993 het De Ridder hom as volg uitgelaat oor sy ontwerp vir die Dopperkerk op Parys, sy bekendste kerkontwerp: "Die Gereformeerde Kerk te Parys was waarskynlik die eerste kerk in die land waar die dak afgeneem is tot op die fondamente in 'n A-struktuur, met 'bindbalke' in die vorm van versterkte betonfondamente wat (albei) voetstukke van elke staalkap verbind het. Op hierdie wyse is die volle dakruimte tot voordeel van die binneruim benut. Die waaiervormige plan met die spitsdak het gelei tot die dramatiese vorm wat uitstyg na bo soos hande in gebed. Die groot spitsdakoorhang het waarskynlik aanleiding (daartoe) gegee dat die vorm van kerk, wat later landwyd in een of ander variasie voorgekom het, gedoop is tot 'n 'kappiekerk'.