Hermann Wilhelm Rudolf Marloth (*Lübben, Duitsland, 28 Desember 1855 - Caledon, 15 Mei 1931) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige en is in Lübben, Duitsland gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Berlyn, maar verhuis in 1883 na Suid-Afrika waar hy aangestel word in die leerstoel vir Chemie aan die Victoria-Kollege, die hedendaagse Universiteit van Stellenbosch. Hy doseer later in ander wetenskappe en verwerf gou roem. Van sy werke is die The Flora of South Africa wat tans baie duur is. Hy het in 1906 die Guarrieko herontdek. Sy botaniese outeursafkorting is Marloth. Marlothpark is na hom vernoem.
Spesies na hom vernoem is onder andere: Agathosma marlothii Dipcadi marlothii Aloe marlothii
Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Kategorie:Suid-Afrikaanse botanici Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Duitsland Kategorie:Geboortes in 1855 Kategorie:Sterftes in 1931