Port Grosvenor is 'n nedersetting aan die Wildekus tussen Port St. Johns en Port Edward. Die hawe is in 1878 deur kaptein Sidney Turner gestig, naby waar die wrak van die Grosvenor is. Die Britse owerheid het die hawe egter in 1885 gesluit omrede hulle dit nie kon beheer nie en bang was vir wapensmokkelary. Die hawe was nooit baie besig nie.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Kategorie:Hawens in Suid-Afrika Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap