Gordon Matthew Thomas Sumner (geb. 2 Oktober 1951), beter bekend as Sting, is ’n Engelse musikant, sanger, liedjieskrywer, aktivis, akteur en filantroop. Hy was die hoofsanger en -liedjieskrywer van die rockgroep The Police, en het daarna ’n solo loopbaan gevolg.
Sting het duidelike elemente van rock, jazz, reggae, klassieke musiek, new-age en worldbeat in sy musiek opgeneem.Stephen Thomas Erlewine. Sting-biografie, AllMusic. URL besoek op 29 November 2014 As solokunstenaar en lid van The Police het hy 16 Grammys ontvang (sy eerste was vir beste rockinstrument-uitvoering in 1980), asook drie Brit Awards (onder meer vir beste Britse man in 1994 en uitnemende bydrae in 2002), ’n Golden Globe en ’n Emmy. Hy is ook verskeie kere benoem vir ’n Oscar vir beste oorspronklike liedjie.
Sting is in 2002 in die Songwriters Hall of Fame en as lid van The Police in 2003 in die Rock and Roll Hall of Fame opgeneem, en in 2000 het hy ’n ster gekry op die Hollywood Walk of Fame.
As lid van The Police het hy een van die sangers geword met die beste verkope in die wêreld. As solokunstenaar en lid van The Police is meer as 100 miljoen van sy albums wêreldwyd verkoop. In 2006 het die tydskrif Paste hom 62ste geplaas op hul lys van die 100 beste lewende liedjieskrywers, hy was 63ste op VH1 se lys van 100 beste rockkunstenaars en 80ste op die tydskrif Q se lys van 100 beste musieksterre van die 20ste eeu. Hy het ook al saamgewerk met talle ander groot kunstenaars soos Craig David, Bryan Adams en Rod Stewart, en het die Noord-Afrikaanse musiekvorm Raï aan Westerse gehore bekend gestel met sy internasionale treffer "Desert Rose" saam met Cheb Mami.
Vroeë lewe Sting is in Wallsend, Noord-Tyneside, Tyne and Wear, Engeland, gebore as die oudste van die vier kinders van Audrey (geb. Cowell), ’n haarkapper, en Ernest Matthew Sumner, ’n melkman en ingenieur. Op die ouderdom van 10 jaar het "obsessief" geraak oor ’n ou Spaanse kitaar wat ’n vriend van sy pa agtergelaat het toe hy emigreer.
Hy het skoolgegaan aan die St. Cuthbert's Grammar School in Newcastle upon Tyne. Hy het dikwels by nagklubs ingesluip waar hy na optredes van kunstenaars soos Cream en Manfred Mann gekyk het, musikante wat later sy musiek sou beïnvloed.Wensley Clarkson (1996). "Sting: the secret life of Gordon Sumner". p. 17. John Blake Publishing, Limited Nadat hy as ’n busbestuurder, bouwerker en belastinginvorderaar gewerk het, het hy van 1971 tot 1974 aan die Northern Counties College of Education studeer en ’n onderwyskwalifikasie behaal. Hy het daarna twee jaar lank in Cramlington skoolgehou.
Saans en oor naweke het Sting in jazzorkeste opgetree. Hy het sy bynaam gekry nadat hy saam met die Phoenix Jazzmen opgetree het in ’n swart-en-geel trui met strepe. Die orkesleier, Gordon Solomon,News from The Phoenix Jazzmen – stingme.dk, 6 Januarie 2009 het gedink die trui laat hom soos ’n by lyk. In ’n dokumentêre program in 1985 het ’n joernalis hom as Gordon aangespreek, en hy het gesê: "My kinders noem my Sting, my ma noem my Sting; wie is hierdie Gordon-karakter?" In ’n Time-onderhoud in 2011 het hy gesê: "Ek is nooit Gordon genoem nie. Jy kan in die straat Gordon skree en ek sal net aanloop."
Musiekloopbaan The Police In Januarie 1977 het Sting van Newcastle upon Tyne na Londen verhuis en kort daarna die new wave-groep The Police gestig saam met Stewart Copeland en Henry Padovani (wat gou daarna deur Andy Summers vervang is). Van 1978 tot 1983 het hulle vyf trefferalbums uitgereik, en ses Grammys en twee Brit Awards gewen."1985 Brit Awards" Brits.co.uk. URL besoek op 1 Februarie 2014 Hoewel hul eerste albom deur punk geïnspireer is, het The Police gou oorgeslaan na rock met reggae-ondertone en minimalistiese popmusiek. Hul laaste album, Synchronicity, is vir vyf Grammys benoem, onder meer album van die jaar. Dit het hul suksesvolste liedjie, "Every Breath You Take", ingesluit wat deur Sting geskryf en in 1983 uitgereik is.
Volgens Sting, wat in die dokumentêr Last Play at Shea verskyn het, het hy op 18 Augustus 1983 tydens ’n konsert in die Shea-stadium in New York besluit om die groep te verlaat, want hy het gevoel om daar musiek te maak was "Everest". Hoewel hulle nooit amptelik uiteen is nie, het die groeplede besluit om ná Synchronicity op soloprojekte te konsentreer. Namate die tyd aangestap het, het hulle, veral Sting, die moontlikheid al hoe meer uitgesluit dat hulle weer saam sou optree. Hulle het egter in 2007 weer byeengekom vir die "The Police Reunion Tour".
Vroeë solowerk In September 1981 het Sting sy eerste lewende solo-optrede gesing op Amnestie Internasionaal se welsynkonsert in Londen se Drury Lane-teater. Hy het "Roxanne" en "Message in a Bottle" gesing. Hy het ook ’n orkes met bekende kunstenaars (met die naam "The Secret Police") gelei met sy eie bewerking van Bob Dylan se "I Shall Be Released". Die lede van die orkes en koor het ingesluit Eric Clapton, Jeff Beck, Phil Collins, Bob Geldof en Midge Ure – hulle sou almal (behalwe Beck) later saamwerk aan Live Aid. Sy optrede het ’n prominente plek gekry op die vertoning se album en in ’n fliek daaroor, en hy het so groot blootstelling gekry. Sy deelname aan The Secret Policeman's Other Ball was die begin van sy groeiende betrokkenheid by geldinsamelings- en bewusmakingsprojekte vir politieke en maatskaplike sake. In 1982 het hy ’n solo-enkelspeler uitgereik: "Spread a Little Happiness", uit die rolprentweergawe van Dennis Potter se TV-stuk Brimstone and Treacle. Die liedjie was ’n herinterpretasie van ’n liedjie uit die 1920's-musiekspel Mr. Cinders deur Vivian Ellis, en dit was ’n Top 20-treffer in Brittanje.Roberts, David (2006). [British Hit Singles & Albums]. Londen: Guinness World Records Limited
1980's duimnael|Sting en Bono op ’n konsert in 1986 in New Jersey. Op sy eerste solo-album, The Dream of the Blue Turtles (1985), verskyn verskeie jazzmusikante soos Kenny Kirkland, Darryl Jones, Omar Hakim en Branford Marsalis. Dit het die treffers "If You Love Somebody Set Them Free", "Fortress Around Your Heart", "Love Is the Seventh Wave" en "Russians" ingesluit. Die album het binne ’n jaar driedubbele platinumstatus behaal. Dit is benoem vir vier Grammys, onder meer vir album van die jaar, beste manlike popsanger en beste jazzinstrument-uitvoering."Grammy Awards – Sting". Grammy.com. URL besoek op 12 November 2014 duimnael|260px|links|Sting tree in 1985 op.
In November 1984 was Sting deel van die Band Aid se "Do They Know It's Christmas?", wat geld ingesamel het vir slagoffers van die 1983-1985-hongersnood in Ethiopië.Looking Back At Live Aid, 25 Years Later MTV. URL besoek op 1 Desember 2011 In Julie 1985 het hy verskeie van The Police se liedjies gesing op die Live Aid-konsert in die Wembley-stadion in Londen om geld vir dieselfde saak in te samel. Hy het ook "Money for Nothing" gesing saam met Dire StraitsLive Aid – DVD Boxed Set AllMusic. URL besoek op 15 September 2011 en twee duette saam met Phil Collins.
Sting het in 1987 die album ...Nothing Like the Sun uitgereik met onder meer die trefferliedjies "We'll Be Together", "Fragile", "Englishman in New York" en "Be Still My Beating Heart" – laasgenoemde is aan sy ma opgedra wat kort tevore oorlede is. Dit het dubbele platinumstatus behaal. Die album het in 1988 die prys vir beste Britse album by die Brit Awards gewen en is in 1989 benoem vir drie Grammys, onder meer Sting se tweede agtereevolgende benoeming vir album van die jaar. In 1989 was ...Nothing Like the Sun #90 en sy The Police-album Synchronicity #17 op Rolling Stone se lys van die 100 beste albums van die 1980's."The 100 Greatest Albums of the 80s." Rolling Stone. Special Issue 1990. URL besoek op 19 November 2011
Kort hierna, in Februarie 1988, het hy die album Nada como el sol uitgereik wat ’n seleksie van vyf liedjies was van Sun wat hy in Spaans en Portugees sing. In Oktober 1988 het hy ’n weergawe uitgereik van Igor Stravinsky se The Soldier's Tale met die London Sinfonietta en Kent Nagano as dirigent. Van die rolle is vertolk deur Vanessa Redgrave, sir Ian McKellen en Sting (as die soldaat).Barry Lazell (1989). "Rock movers & shakers" p.487. Billboard Publications, Inc., 1989
1990's Sy 1991-album The Soul Cages is opgedra aan sy pa, wat kort tevore oorlede is. Dit het die Top 10-liedjie "All This Time" ingesluit en die titelsnit het ’n Grammy gewen. Dit het eindelik platinumstatus behaal. In 1992 is hy met Trudie Styler getroud en het hy ’n eredoktorsgraad ontvang van die Northumbria-universiteit in Newcastle upon Tyne. In 1993 het hy die album Ten Summoner's Tales uitgereik wat die tweede plek op Britse en Amerikaanse trefferlyste gehaal het en in net meer as ’n jaar driedubbele platinumstatus behaal het.Billboard: Ten Summoner's Tales AllMusic. URL besoek op 1 Desember 2011 Dit is in 1993 vir ’n Mercury-prys benoem en in 1994 vir die Grammy vir album van die jaar. Trefferliedjies daarop sluit in "Fields of Gold" en "If I Ever Lose My Faith in You" – vir laasgenoemde het Sting sy tweede Grammy gewen vir beste manlike popsanger.Rock on the Net: Sting Rock on the Net. URL besoek op 29 Desember 2011
Sting het saam met Bryan Adams en Rod Stewart die gewilde liedjie "All for Love" gesing vir die 1993-rolprent The Three Musketeers. Die liedjie het vyf weke lank boaan die Amerikaanse trefferlyste geboer en platinumstatus bereik; dit was die enigste liedjie uit sy sololoopbaan wat die bopunt van die VS-trefferlyste gehaal het. In Februarie het hy nog twee Grammys gewen en is hy vir nog drie benoem. Die Berklee College of Music het in Mei aan hom sy tweede eredoktorsgraad toegeken. In November het hy ’n saamgestelde trefferalbum uitgereik onder die naam Fields of Gold: The Best of Sting; dit het eindelik dubbele platinumstatus behaal. In dieselfde jaar het hy saam met Vanessa Williams die liedjie "Sister Moon" op haar album The Sweetest Days gesing. Op die Brit Awards het Sting die prys vir beste Britse man ontvang.Brit Awards: Sting Brit Awards. URL besoek op 1 Desember 2011
Sy 1996-album Mercury Falling het aanvanklik goed gevaar, maar het daarna op die trefferlyste uitgesak. Hy het in dieselfde jaar die Top 40 gehaal met twee liedjies, "You Still Touch Me" (Junie) en "I'm So Happy I Can't Stop Crying" (Desember), wat in 1997 ’n countrytreffer geword het in ’n weergawe deur die Amerikaner Toby Keith. In dié tyd het Sting ook musiek opgeneem vir die komende Disney-rolprent Kingdom of the Sun, wat later herverwerk is in The Emperor's New Groove. Die rolprent het drastiese hersienings en veranderings ondergaan wat deur Sting se vrou, Trudie Styler, op film vasgelê is – onder meer die oomblik toe Disney vir Sting ingeroep het om aan hom te sê sy musiek sou nie vir die finale rolprent gebruik word nie. Die dokumentêr wat daarvan gemaak is, The Sweatbox, se première was op die Toronto-rolprentfees.
Sting het in 1996 ook saamgewerk met kunstenaars soos Tina Turner, die Brasiliaanse kunstenaar Tom Jobim en die Griekse sanger George Dalaras. "Moonlight", ’n seldsame jazzliedjie deur Sting vir die 1995-oormaak van die rolprent Sabrina wat geskryf is deur Alan Bergman, Marilyn Bergman en John Williams, is in 1997 benoem vir die Grammy vir beste liedjie wat spesifiek vir ’n rolprent geskryf is. Op 15 September 1997 het Sting by die Music for Montserrat-konsert in die Royal Albert Hall in Londen opgetree saam met kunstenaars soos Phil Collins, Mark Knopfler, Elton John, Eric Clapton en Paul McCartney."Billboard 6 September 1997". p.59. Billboard. URL besoek op 7 Januarie 2012
2000's duimnael|200px|Sting in 2007.