duimnael|regs|280px|Die ewehoewige spoor van 'n seekoei Ewehoewiges (Cetartiodactyla) is 'n orde van soogdiere. Hulle word gekenmerk deur 'n ewe aantal (2 of 4) tone, indien hulle steeds tone het. As voorbeeld het kameel- en kameelperdagtiges 2 tone, terwyl die seekoeie 4 tone het. Aan die twee middelste tone is hoewe. Die twee buitenste tone is onderontwikkeld of afwesig.
Uitbreiding met die walvisse Tradisioneel is die ewehoewiges wat op die land leef as 'n eie orde Artiodactyla en die walvisse en dolfyne as 'n eie orde Cetacea beskou. Genetiese navorsingMontgelard, Catzefis en Douzery 1997 het egter in 1997 getoon dat die seekoeie nouer aan die walvisagtiges as aan die ander ewehoewiges verwant is. Saam met die seekoeie is laasgenoemde groep nouer aan byvoorbeeld die wildsbokke verwant, as die wildsbokke aan varke of kamele. Dit het verreikende gevolge vir die taksonomiese indeling, omdat die begrip Artiodactyla daarmee parafileties word. Die ewehoewiges bevat naamlik nie alle nasate van hul gemeenskaplike voorsaat nie. As gevolg hiervan is 'n nuwe orde (Cetartiodactyla) in die lewe geroep wat ook die walvisse as tak van hierdie orde insluit, hoewel hierdie diere geen tone of hoewe meer het nie.Mammals of Africa, Volumes 1-6 , A&C Black, 2013, , , bls. 22
Moderne taksonomiese indeling
Die orde van ewehoewiges word in die volgende subordes en families verdeel: Orde Cetartiodactyla Suborde Tylopoda (Eeltpotiges) Familie Camelidae (Kameelagtiges) Suborde Suina (varkagtiges) Familie Suidae (varke) Familie Tayassuidae (pekari's) Suborde Cetruminantia ("herkouers en walvisagtiges") Klade Cetancodontamorpha Klade Cetacea (walvisagtiges) Familie Hippopotamidae (seekoeie) Klade Ruminantia (herkouers) Infraorde Tragulina Familie Tragulidae (dwergherte) Infraorde Pecora ("gehoringde herkouers") Familie Antilocapridae (gaffelantilope) Familie Bovidae (horingdraers: beesagtiges, wildsbokke, bokke, skape en verwantes) Familie Cervidae (hertagtiges) Familie Giraffidae (kameelperd en okapi) Familie Moschidae (muskusherte)
Verwysings