Stephen Vukile Tshwete (gebore 12 November 1938 in Springs – 12 April 2002, Pretoria) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en ANC-aktivis. Hy was by Umkhonto we Sizwe betrokke en is vanaf Februarie 1964 tot 1983 op Robbeneiland aangehou, waarna hy in ballingskap gegaan het. Hy keer in 1990 na Suid-Afrika terug en hervat sy politieke bedrywighede as 'n lid van die ANC en 'n plaaslike koördineerder vir die United Democratic Front.

As die hoof van die ANC se sportkantoor was dit sy taak om die sportdissiplines wat voorheen deur apartheid geskei is saam te snoer. Hy het die gawe gehad om "geswore vyande na die onderhandelingstafel te bring en hulle as bondgenote weg te stuur...hy het van een sportsoort na die volgende gegaan om slaggate op hul pad na eenheid te oorbrug".Rodney Hartman, Ali: The Life of Ali Bacher, Penguin, Johannesburg, 2006, p. 322. Nadat hy Suid-Afrika se krieketliggame verenig het, het hy in Mei 1991 saam met Ali Bacher na Londen gereis en suksesvol aansoek gedoen vir Suid-Afrika se hertoelating tot die Internasionale Krieketraad.Rodney Hartman, Ali: The Life of Ali Bacher, Penguin, Johannesburg, 2006, p. 323-31.

As minister van sport en ontspanning het Tshwete 'n belangrike rol in skep van nierassige nasionale spanne gespeel. Hy het vanaf 1999 tot sy dood in April 2002 in die eerste kabinet van Thabo Mbeki as die minister van veiligheid en sekuriteit gedien. Die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit in Mpumalanga is na hom vernoem.Steve Vukhile Tshwete biography at ANC.org.za

In 1996 het hy die eerste Governor's Cup-seiljagresies vanaf Kaapstad na Sint Helena afgesit, deur die skeepsirene te blaas.Governor's Cup op sainthelenaisland.info

Verwysings

Eksterne skakels ANC se verklaring oor die dood van Steve Tshwete

Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van sport en ontspanning Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Sterftes in 2002