duimnael|Adolf Goerz

Adolf Goerz (1875 - 1900) was 'n mynmagnaat. Hy is in Duitsland gebore en George von Siemens, hoof van die Deutsche Bank was 'n swaer van hom. Dié het hom in 1888 oorreed om na Suid-Afrika te kom. Hy stig die Goerz Sindikaat in 1889 en die Rand Central Ore Reduction Company in 1892. In 1895 het hierdie belange saamgesmelt in A. Goerz & Kie, Bpk wat later die Union Corporation geword het.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Geboortes in 1857 Kategorie:Sterftes in 1900 Kategorie:Duitse ingenieurs