Nokia Lumia 930 is 'n topvlakslimfoon wat deur Nokia ontwikkel is en waarop Microsoft se Windows Phone 8.1-bedryfstelsel loop. Die toestel is op 2 April 2014 gedurende die Microsoft Build 2014-konferensie bekend gestel en in Julie 2014 as opvolger van Nokia se Lumia 925-vlagskip-slimfoon op internasionale markte buite die Verenigde State geloods.
Die Lumia 930 baseer grotendeels op die Nokia Lumia Icon-slimfoon wat uitsluitlik in die VSA verkrygbaar is en daar eksklusief deur Verizon Wireless versprei word. Die twee modelle deel dieselfde ontwerp en tegniese besonderhede, behalwe vir die bedryfstelsel wat op hulle loop. Die Icon word met Windows Phone 8 verkoop.
Die Nokia Lumia 930-slimfoon is in 2015 opgevolg deur Microsoft se Lumia 950 met die nuwe Windows 10-bedryfstelsel.
Kategorie:Microsoft Lumia Kategorie:Nokia Kategorie:Selfone