John Hays Hammond (1855 - 1936) was 'n myningenieur en magnaat. Hy is in San Francisco, Amerika gebore en studeer aan die Universiteit van Yale en aan die Koninklike Saksiese Mynbouakademie in Freiberg, Duitsland. In 1893 word hy deur die Barnato-broers in diens geneem om verslag te doen oor sekere van hulle eiendomme en gaan werk daarna vir Cecil John Rhodes. Hy word aangestel as raadgewende ingenieur van die Consolidated Gold Fields of South Africa. Hy woon op die Witwatersrand en was een van die vier hoofleiers van die Reform Commitee wat die Jameson-inval lei. Na die mislukte inval word hy in hegtenis geneem, verhoor en ter dood veroordeel. Hy betaal 'n boete van £25,000 en word vrygelaat.
Hy verteenwoordig die Amerikaanse President William Howard Taft tydens die kroning van George V van die Verenigde Koninkryk in 1911.
Bron
Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Geboortes in 1855 Kategorie:Sterftes in 1936