Seevolke is ’n term wat gebruik word om ’n konfederasie van seevarende nasies te beskryf wat moontlik in óf Wes-Anatolië óf Suid-Europa ontstaan het, in besonder die streek om die Egeïese See. Hulle het in die oostelike deel van die Middellandse See rondgevaar en Anatolië, Sirië, Kanaän, Siprus en Antieke Egipte aan die einde van die Bronstydperk binnegeval.
Die term word deur moderne geleerdes gebruik om te verwys na nege groepe volke, hoewel die beskrywing "van die see" (Egipties: )Soos aangeteken deur Gardiner V.1 p.196, volgens ander tekste N25:X1*Z4 "vreemde volke"; albei terme kan ook na "buitelanders" verwys. in ’n historiese verband net verwys na drie: die Ekwesj, Sjekelesj en Sjerden.Killebrew, Ann E. (2013), The Philistines and Other “Sea Peoples” in Text and Archaeology, Society of Biblical Literature Archaeology and biblical studies (Society of Biblical Lit) 15, Die identiteit van die Seevolke is steeds onduidelik en moderne geleerdes het net stukke van antieke dokumente en argeologiese ontledings om hulle te lei.
Die term peuples de la mer is in 1855 die eerste keer gebruik deur die Franse Egiptoloog Emmanuel de Rougé.
Die nege groepe wat beskou word as moontlike Seevolke is, in alfabetiese volgorde, die: Denjen, wat deur sommiges verbind word met die Griekse Danaërs en deur ander met die Israelitiese stam Dan Ekwesj, moontlik ’n groep Achajers van die Bronstydperk Loekka, ’n Anatoliese volk van die Egeïese See Peleset, moontlik die Filistyne / Pelasgers Sjekelesj, moontlik ’n Italiese volk van Sisilië Sjerden, dalk van Sardinië of Sardis Teresj, moontlike voorvaders van die Etruskers (Tyrseners) Tjeker, 'n woord wat wisselvallig met Teresj gebruik word, en waarskynlik dieselfde beteken Wesjesj, waarskynlik die mense van Iasos
Daar is geen bewyse van die migrasie van hele volke in enige dokumente van dié tyd nie, maar geleerdes glo aan verskeie vertolkings van ’n "migrasiehipotese".The End of the Bronze Age: Changes in Warfare and the Catastrophe Ca. 1200 B.C., Robert Drews, p48–61 Die meeste geleerdes glo die Seevolke het Siprus, die Hetitiese Koninkryk en die Levant binnegeval.
Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Antieke Egipte Kategorie:Geskiedenis van Griekeland Kategorie:Antieke Nabye Ooste