Die Klas 32-200 is 'n diesel-elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is vir werk op die spoorlyne van die destydse Suidwes-Afrika.South African Railways Index and Diagrams Electric and Diesel Locomotives, 610mm and 1065mm Gauges, Ref LXD 14/1/100/20, 28 Januarie 1975, soos gewysig Om te verseker dat die aslading binne die beperking bly is spesiale draaistelle ontwerp met ponies - twee ekstra wiele - voor en agter. Dit is dus 'n 1Co+Co1 (Co-Co: twee drie-as draaistelle met 'n elektriese motor elk per as) ontwerp.
Hierdie is die tweede Klas 32-reeks lokomotief wat bestel is by "General Electric" in die VSA. Tien eksemplare van reeks 32-200 is in Junie en Julie 1966 afgelewer en staan by die vervaardiger as U20C1 bekend. Daar is ooglopende verskille tussen die eerste en tweede reekse, die eerste het 'n hoër neus voor die kajuit as die tweede. Laasgenoemde is ook kragtiger as die vroëre Klas 32-000, en genommer in die reeks 32-201 tot 32-210.
Hulle is elk toegerus met 'n vierslag V12 turboaangedrewe en na-verkoelde dieselenjin wat 'n gelykstroomgenerator en ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf. Dinamiese remme is nie toegerus nie. Drie lokomotiewe kan in serie verbind word om as een eenheid te werk.
'n Paar lokomotiewe van die reeks 32-200 het tydelik diens gedoen op die Amabele-Mthathatrajek pp. 138–139 totdat Klas 35-000 diesels in 1972 afgelewer is.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine