Transnet Freight Rail is 'n Suid-Afrikaanse spoorvragvervoerfirma, voorheen bekend as "Spoornet". Dit is 'n dogtermaatskappy van Transnet, die groot staatsbeheerde maatskappy in Suid-Afrika wat vir spoorvervoer, hawens en pyplyne verantwoordelik is. Sy hoofkantoor is in die Inyanda House in Parktown, Johannesburg gevestig.
Transnet is op 1 April 1990 as 'n beperkte maatskappy gestig. Die meerderheid van die maatskappy se aandele word deur die Departement van Openbare Ondernemings besit. Die maatskappy is gestig nadat sake-eenhede en bedrywighede van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (SAS&H), asook ander bedrywighede en produkte geherstruktureer is.
Besigheidseenhede Transnet Freight Rail word tans in 6 besigheidseenhede verdeel:
Landbou- en grootmaatvloeistowwe Steenkoolbesigheidseenheid Houer- en Motorbesigheidseenheid (Johannesburg-Durbanlyn) Ystererts- en Mangaanbesigheidseenheid (Kimberley-Port Elizabeth & Ysterertsuitvoerlyn) Mineraalmynbou- en Chroombesigheidseenheid (Witbank-Komatipoort & Phalaborwa-Komatipoortlyne) Staal- en Sementbesigheidseenheid
Verbindings met buurlande duimnael|regs|Die Suid-Afrikaanse spoornetwerk
TransNamib van Namibia, by Nakop; Botswana Spoorweë by Ramatlabama; Nasionale Spoorweë van Zimbabwe en die Beitbrug-Bulawayo Spoorweg by Beitbrug; Portos e Caminhos de Ferro de Moçambique by Ressano Garcia; Eswatini-spoorweë van Eswatini by Golela en Mananga; Maseru in Lesotho op die Bloemfontein-Maseru-taklyn (besit deur Transnet).
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse maatskappye