Pylos (Grieks: Πύλος), histories ook bekend onder sy Italiaanse naam, Navarino, is ’n dorp en voormalige munisipaliteit op Peloponnesos, Griekeland. Dit is die belangrikste hawe aan Navarino-baai. Die dorp het 2 767 inwoners.
Pylos het ’n lang geskiedenis en was in Neolitiese tye al bewoon. Dit was ’n belangrike koninkryk in die Miceense tydperk; dit bevat ruïnes van die sogenaamde Paleis van Nestor wat tans uitgegrawe word en genoem is na Nestor, die koning van Pylos in Homeros se Ilias.
Kategorie:Nedersettings in Antieke Griekeland Kategorie:Nedersettings in Griekeland