Die Suid-Afrikaanse Klas 43-000 van 2011 is 'n Suid-Afrikaanse diesel-elektriese lokomotief uit die Transnet Freight Rail-era.

In Januarie 2011 het Transnet Ingenieurswese by Koedoespoort in Pretoria die lewering van die eerste twee van die 143 Klas 43-000 General Electric tipe C30ACi diesel-elektriese lokomotiewe vir Transnet Freight Rail ontvang. 'n Verdere agt is van die Verenigde State van Amerika af verskeep in April 2011. In Julie 2011 het die eerste van die 133 plaaslikvervaardigde lokomotiewe by die Koedoespoortwerke in Pretoria uitgerol.

Teen laat-2013 is die eerste van hierdie lokomotiewe ook gelewer aan Kumba by Sishen en aan "Caminhos de Ferro de Moçambique", die Mosambiekse spoorweë.

Vervaardigers

Tenderproses 'n Tenderproses in 2006 en 2007 het Electro-Motive Sibanye gekies, 'n gesamentlike onderneming tussen Electro-Motive Diesel (EMD) en Sibanye Trade and Services, as voorkeurbieër om tweehonderd-en-twaalf lokomotiewe te verskaf aan Transnet Freight Rail (TFR). Sibanye was 'n Suid-Afrikaanse Swart Ekonomiese Bemagtigingsmaatskappy (SEB) wat in lokomotiewe en onderdele handel dryf. Hierdie ooreenkoms is egter gekanselleer te midde van berigte en latere bevestiging van tenderonreëlmatighede.Railways Africa, 2 Apr 2009: Why Transnet Discontinued That Diesel OrderRailways Africa, 12 Maart 2009: Transnet Tender to High Court

'n Nuwe tenderproses is geïnisieer, wat drie lokomotiefvervaardigers, EMD, General Electric (GE) en Siemens, genooi het om te bie vir 'n kontrak om honderd nuwe diesel-elektriese lokomotiewe te bou. In 2009 is aangekondig dat GE die suksesvolle bieër was.Engineering News, 18 Dec 2009: Transnet Signs GE Transportation Deal for 100 Locomotives

Konstruksie Die Klas 43-000 GE tipe C30ACi diesel-elektriese lokomotief is ontwerp deur GE Transportation Systems, 'n afdeling van GE. Die eerste tien lokomotiewe is in Erie, Pennsilvanië deur GE gebou en ingevoer. Hulle is in Januarie en April 2011 afgelewer en is genommer in die reeks 43-001 tot 43-010. Enola Yard, 28 Desember 2010

Die res is deur Transnet Engineering (TE) en GE South African Technologies (GESAT)) gebou in die Koedoespoort werkswinkels van TRE in Pretoria en is genommer in die reeks 43-011 tot 43-100. Die eerste van hierdie, 43-011, het uitgerol in Julie 2011.

Aan die begin van 2012 is die kontrak verleng vir die konstruksie van 'n verdere 43 lokomotiewe, in die reeks gemommer 43-101 tot 43-143. Op 27 Junie 2012 vier TRE en GESAT die bekendstelling van die vyftigste Klas 43-000 lokomotief te Koedoespoort, wat die voltooiing van 60% van die eerste kontrak vir die verskaffing van 'n honderd lokomotiewe aandui.

Na voltooiing van die eerste TFR bestellings, het die TE produksielyn by Koedoespoort voortgegaan om C30ACi diesel-elektriese lokomotiewe vir kliënte elders in Afrika te vervaardig. Aangesien die C30ACi die nuuts-ontwerpte GE lokomotief is, en spesifiek ontwerp en gebou is vir Kaapspoor wat algemeen gebruik word in Wes- en Suider-Afrika, kan potensiële kliënte Ghana, Nigerië, Kongo-Brazzaville, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Angola, Mosambiek, Malawi, Zambië, Botswana, Namibië, Suid-Wes Tanzanië en Zimbabwe insluit. Railways Africa, 17 Sep 2013: Koedoespoort: Locos for Africa Die eerste kliënte behalwe TFR was Kumba Iron Ore en Caminhos de Ferro de Moçambique.

In 2014 bestel TFR 'n verdere 91 klas 43-000-lokomotiewe by TE om sy vloot te vergroot tot 234 eenhede.

Funksies Bemanningsgerief

Die lokomotiewe is gebou met beide veiligheid en bemanning gemak in gedagte. Die kajuit is toegerus met 'n "Loco-cam", 'n lugversorger, 'n yskas langs die kajuitvoordeur en 'n toilet in die vorm van 'n "Porta Pottie" met 'n vloerdrein buitentoe.

Brandstofdoeltreffendheid

Die GE tipe C30ACi is die eerste wisselstroom-diesel-elektriese lokomotief om na Sub-Sahara Afrika ingevoer te word, en ook die eerste om te voldoen aan die UIC II uitlaatstandaarde van die Internasionale Unie van Spoorweë (Frans: Union Internationale des Chemins de fer, UIC). Dit het die uitlaatstandaarde vir rem-spesifieke stikstofoksiede, onverbrande koolwaterstowwe, koolstofmonoksied en deeltjies oortref. Die lokomotiewe word verwag om meer brandstof-doeltreffend te wees en laer emissies te hê as tipiese diesel-elektriese lokomotiewe wat tot nou toe in Suid-Afrika bedryf is.International: UIC Locomotive Emission Standards

Vastrap en remme

In vergelyking met die gemiddelde dertigjaar-oue bestaande TFR diesel-elektriese lokomotief, bied die Klas 43-000 'n groter deurlopende trekkrag en 'n hoër hegtingsvermoë. Minder lokomotiewe word benodig om dieselfde hoeveelheid goedere te trek, deur die vervanging van vier van die ouer lokomotiewe met drie van die nuwe modelle.Railways Africa, 10 Julie 2012: Omtrent die nuwe Klas 43

Indien 'n lokomotief 'n traksiemotor verloor, word dieselfde krag herverdeel na die oorblywende vyf vastrapmotors. Die Klas 43-000 is die eerste Suid-Afrikaanse diesel-elektriese lokomotief wat dinamies gerem kan word vanaf die kruipspoed van 1 km/h. 'n Drywer se kommentaar oor die Klas 43-000

Diens Transnet Freight Rail

Transnet Freight Rail se Klas 43-000s is aanvanklik in diens geplaas op die steenkoollyn in Mpumalanga via Swaziland na Richardsbaai, en in 2012 ook op die Sishen-Saldanha ystererts uitvoerlyn. Railways Africa, 26 Maart 2010: Meer lokos vir TFR In Mei 2013 is nuwe Klas 43-000s ook waargeneem by die Pyramid-Suid lokomotiefdepot noord van Pretoria.

Kumba Iron Ore

In November 2013 is ses C30ACi diesel-elektriese lokomotiewe, ook gebou by Transnet Engineering se Koedoespoortfabriek, oorhandig aan Kumba vir gebruik om ysterertstreine te rangeer by sy Sishen-myn in die Noord-Kaap. Die lokomotiewe, genommer in die reeks van F123-0100 tot F123-0600, is in donkerblou kleure geverf met geel handrelings en trappe, en vervang tien ouer lokomotiewe wat gehuur is van Transnet wat in pare gebruik is om die laaibedrywighede te hanteer. 'n Enkele C30ACi kan gebruik word om 'n trein van 114 ertswaens te laai, waar vroeër twee lokomotiewe nodig was.

Caminhos de Ferro de Moçambique

In Desember 2013 is die eerste vier van tien C30ACi lokomotiewe deur Transnet Engineering aan Caminhos de Ferro de Moçambique, die Mosambiekse spoorweë, afgelewer, vir gebruik op sy suidelike netwerk uit Maputo. Die nuwe lokomotiewe is aangekoop om die spoorweë minder afhanklik te maak van gehuurde lokomotiewe uit Suid-Afrika en Indië.

Gemengde kragwerk

Op die Sishen-Saldanha-ysterertsuitvoerlyn word GE Klas 34-reeks en Klas 43-000 diesel-elektriese lokomotiewe saam met Klas 9E en Klas 15E elektriese lokomotiewe gebruik om die 342-trokysterertstreine te sleep. Die waens het elk 'n 100 ton kapasiteit en die treine is ten minste 3,72 kilometer (2,31 myl) lank, aangedryf deur gemengde samestelle van Klas 9E en Klas 15E elektriese, GE tipe U26C Klasse 34-000, 34-400, 34-500 en 34-900; en vanaf 2012, GE tipe C30ACi Klas 43-000 diesel-elektriese lokomotiewe. In Suid-Afrika is gemengde elektriese en diesel-elektriese samestelle uniek aan die ysterertsuitvoerlyn. Information supplied by Orex train crew membersPicture essay: Sishen-Saldanha Iron Ore Export Line (OREX)

'n Klas 9E of Klas 15E elektriese lokomotief dien as die meester van elke gemengde elektriese en diesel-elektriese samestel, met 'n totaal van tussen agt en twaalf lokomotiewe per trein, afhangende van die lokomotieftipes betrokke en twaalf synde die maksimum aantal toegelaat. Trekkrag bestaan gewoonlik uit drie stelle van lokomotiewe en 'n enkele elektriese lokomotief wat stoot aan die agterkant van die trein. Elke lokomotief wat gewoonlik bestaan uit een klas 9E of 15E elektriese en een of twee Klas 34 of 43-000 diesel-elektriese lokomotiewe, met elke stel se elektriese lokomotief beheer van die onderskeie diesel-elektriese samestelle, deur middel van 'n "slimkabel". In effek bestaan elke ertstrein dus uit drie afsonderlike 114 wa treine saamgestel met die lokomotiewe van al drie treine en die stootlokomotief aan die agterkant, almal beheer met 'n "Locotrol" trekkragbeheerstelsel deur een bemanning in die voorste elektriese lokomotief. 'n Tipiese trein sou dus opgemaak wees uit lokomotiefstel A, 114 waens, lokomotiefstel B, 114 waens, lokomotiefstel C, 114 waens, en die stootlokomotief.

Bounommers Die GE-geboude Klas 43-000 plaatnommers +Klas 43-000, GE soort C30ACiLoko no.BouerWerksno.Jaar43-001GE58851 2010 43-002GE58852 2010 43-003GE58853 2010 43-004GE58854 2010 43-005GE58855 2010 43-006GE58856 2011 43-007GE58857 2011 43-008GE58858 2011 43-009GE58859 2011 43-010GE58860 2011 43-011TRE/TE2011 43-012TRE/TE2011-1243-013TRE/TE2011-1243-014TRE/TE2011-1243-015TRE/TE2011-1243-016TRE/TE2011-1243-017TRE/TE2011-1243-018TRE/TE2011-1243-019TRE/TE2011-1243-020TRE/TE2011-1243-021TRE/TE2011-1243-022TRE/TE2011-1243-023TRE/TE2011-1243-024TRE/TE2011-1243-025TRE/TE2011-1243-026TRE/TE2011-1243-027TRE/TE2011-1243-028TRE/TE2011-1243-029TRE/TE2011-1243-030TRE/TE2011-1243-031TRE/TE2011-1243-032TRE/TE2011-1243-033TRE/TE2011-1243-034TRE/TE2011-1243-035TRE/TE2011-1243-036TRE/TE2011-1243-037TRE/TE2011-1243-038TRE/TE2011-1243-039TRE/TE2011-1243-040TRE/TE2011-1243-041TRE/TE2011-1243-042TRE/TE2011-1243-043TRE/TE2011-1243-044TRE/TE2011-1243-045TRE/TE2011-1243-046TRE/TE2011-1243-047TRE/TE2011-1243-048TRE/TE2011-1243-049TRE/TE2011-1243-050TRE/TE2011-12 43-051TRE/TE2011-12 43-052TRE/TE2011-12 43-053TRE/TE2011-12 43-054TRE/TE2011-12 43-055TRE/TE2011-12 43-056TRE/TE2011-12 43-057TRE/TE2011-12 43-058TRE/TE2011-12 43-059TRE/TE2011-12 43-060TRE/TE201243-061TRE/TE2012-1343-062TRE/TE2012-1343-063TRE/TE2012-1343-064TRE/TE2012-1343-065TRE/TE2012-1343-066TRE/TE2012-1343-067TRE/TE2012-1343-068TRE/TE2012-1343-069TRE/TE2012-1343-070TRE/TE2012-1343-071TRE/TE2012-1343-072TRE/TE2012-1343-073TRE/TE2012-1343-074TRE/TE2012-1343-075TRE/TE2012-1343-076TRE/TE2012-1343-077TRE/TE2012-1343-078TRE/TE2012-1343-079TRE/TE2012-1343-080TRE/TE2012-1343-081TRE/TE2012-1343-082TRE/TE2012-1343-083TRE/TE2012-1343-084TRE/TE2012-1343-085TRE/TE2012-1343-086TRE/TE2012-1343-087TRE/TE2012-1343-088TRE/TE2012-1343-089TRE/TE2012-1343-090TRE/TE2012-1343-091TRE/TE2012-1343-092TRE/TE2012-1343-093TRE/TE2012-1343-094TRE/TE2012-1343-095TRE/TE2012-1343-096TRE/TE2012-1343-097TRE/TE2012-1343-098TRE/TE2012-1343-099TRE/TE2012-1343-100 TRE/TE2012-1343-101 TRE/TE2012-1343-102 TRE/TE2012-1343-103 TRE/TE2012-1343-104 TRE/TE2012-1343-105 TRE/TE2012-1343-106 TRE/TE2012-1343-107 TRE/TE2012-1343-108 TRE/TE2012-1343-109 TRE/TE2012-1343-110 TRE/TE2012-1343-111 TRE/TE2012-1343-112 TRE/TE2012-1343-113 TRE/TE2012-1343-114 TRE/TE2012-1343-115 TRE/TE2012-1343-116 TRE/TE2012-1343-117 TRE/TE2012-1343-118 TRE/TE2012-1343-119 TRE/TE2012-1343-120 TRE/TE2012-1343-121 TRE/TE2012-1343-122 TRE/TE2012-1343-123 TRE/TE2012-1343-124 TRE/TE2012-1343-125 TRE/TE2012-1343-126 TRE/TE2012-1343-127 TRE/TE2012-1343-128 TRE/TE2012-1343-129 TRE/TE2012-1343-130 TRE/TE2012-1343-131 TRE/TE2012-1343-132 TRE/TE2012-1343-133 TRE/TE2012-1343-134 TRE/TE2012-1343-135 TRE/TE2012-1343-136 TRE/TE2012-1343-137 TRE/TE2012-1343-138 TRE/TE2012-1343-139 TRE/TE2012-1343-140 TRE/TE2012-1343-141 TRE/TE2012-1343-142 TRE/TE2012-1343-143 TRE/TE2012-13

Kleurillustrasies Al die Klas 43-000 lokomotiewe word gelewer in rooi-en-geel TFR kleure. Die eerste foto hieronder toon no. 43-001 op sy afleweringslopie, wat van Durban af gesleep is na Koedoespoort nadat hy aan land gebring is by die Durbanse hawe.

Sien ook Klas 34-000-diesellokomotief Klas 34-400-diesellokomotief Klas 34-500-diesellokomotief Klas 34-900-diesellokomotief Suid-Afrikaanse Klas 9E Suid-Afrikaanse Klas 15E

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine