Tiryns (Grieks: Τίρυνς of Τίρυνθα) is ’n Miceense argeologiese terrein op die Peloponnesos in Griekeland.

Tiryns was ’n heuwelfort wat van die begin van die Bronstydperk sowat 7 000 jaar gelede af bewoon is. Dit het sy hoogtepunt tussen 1400 en 1200 v.C. bereik, toe dit een van die belangrikste stede van die Miceense tydperk was, veral in Argolis. Sy merkwaardigste landmerk is sy paleis en veral sy mure, wat daaraan sy Homeriese beskrywing "magtige ommuurde Tiryns" besorg het. In antieke tye is die stad verbind met die mites van Herakles, en sommige bronne gee die stad aan as sy geboorteplek.

Verwysings

Eksterne skakels Hellenic Ministerie van kultuur: Tiryns Die Miceense akropolis in Tiryns

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Nedersettings in Antieke Griekeland Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Griekeland