Klas 33-200 is 'n tipe diesellokomotief - tegnies 'n diesel-elektriese lokomotief - wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is.
Van Oktober 1966 tot Mei 1967 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë twintig Klas 33-200 General Motors Electro-Motive Division tipe GL26MC diesel-elektriese lokomotiewe in hooflyndiens geplaas.
Die Klas 33-200 reeks is verskaf deur General Motors se Electromotive Division. Die vervaardiger se nommer is GL26MC. Hulle is toegerus met 'n vierslag V16 nie-turboaangedrewe dieselenjin wat 'n gelykstroomgenerator en ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf. Hulle is toegerus met dinamiese remme en doen diens in die Oos-Londenomgewing. Die reeks se kenmerk is 'n hoë neus voor die kajuit. p. 140.
Galery
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine