duimnael|260px|Miceense Griekeland, omstreeks 1400–1100 v.C.

Miceense of Mukeense Griekeland verwys na die laaste fase van die Bronstydperk in Griekeland (omstreeks 1600–1100 v.C.). Die naam kom van die argeologiese terrein Micene (ook Mukene gespel) op die Peloponnesos-skiereiland in Suid-Griekeland. Ander belangrike terreine sluit in Tiryns in Argolis, Pylos in Messenië, Athene in Attika, Thebe en Orchomenos in Boeotië en Iolkos in Thessalië, terwyl Kreta en die terrein van Knossos ook deel van die Miceense wêreld geword het.

Nedersettings wat deur die Miceense beskawing beïnvloed is, het ook hul verskyning gemaak in Epirus, Masedonië,Aegeo-Balkan Prehistory – Mycenaean Sites op eilande in die Egeïese See, aan die kus van Klein-Asië, die Levant,; . Siprus. en Italië.; .

Die Miceense beskawing het agteruitgegaan met die verval van die Bronstydperk-beskawing in die oostelike Middellandse See-gebied. Dit word toegeskryf aan die veronderstelde Doriese inval, maar ander faktore kon ook ’n rol gespeel het, soos natuurrampe en klimaatsveranderings. Hierdie tydperk is die agtergrond van ’n groot deel van die Antieke Griekse letterkunde en mitologie, onder meer die Trojaanse Epiese Siklus.Finley, Moses I. The World of Odysseus, 1954.

Miceense beskawing duimnael|180px|’n Miceense dodemasker wat deur die Duitse argeoloog Heinrich Schliemann beskou is as die "Masker van Agamemnon". Die Miceense beskawing het ontstaan en ontwikkel uit die gemeenskap en kultuur van die Vroeg- en Middel-Helladiese tydperk op die Griekse vasteland.; . Dit het omstreeks 1600 v.C. ontstaan toe die Helladiese kultuur verander het onder invloed van Minoïese Kreta.

Miceense artefakte is al ontdek ver buite die grense van die Miceense wêreld: Miceense swaarde is bekend tot in Georgië in die Kaukasus,Boston University – The Historical Society ’n voorwerp van barnsteen met Lineêr B-simbole is in Beiere, Duitsland, ontdekAmber object bearing Linear B symbols from the Freising district of Germany, excavations in the years 1994–1997 en Miceense bronsbyle en ander voorwerpe uit die 13de eeu v.C. is in Ierland en in Wessex en Cornwall in Engeland gevind..

Anders as die Minoïese beskawing, wat uit handel voordeel getrek het, het die Miceners uigebrei deur middel van verowerings. Die beskawing is oorheers deur ’n vegter-aristokrasie. Omstreeks 1400 v.C. het die Miceners hul beheer uitgebrei tot by Kreta, die middelpunt van die Minoïese beskawing, en hulle het ’n vorm van die Minoïese skrif (wat Lineêr A genoem is) aanvaar om die vroeë vorm van die Griekse alfabet in Lineêr B te skryf.

Die Miceners het nie net die Minoïers verslaan nie, maar volgens latere Hellenistiese legendes ook Troje, ’n stadstaat wat net so sterk soos Micene was. Omdat die enigste getuienis van die oorwinning Homeros se Ilias is asook ander tekste wat sterk op mitologie staatmaak, is dit onseker hoe waar die verhaal van Troje en die Trojaanse Oorlog is. In 1876 het die Duitse argeoloog Heinrich Schliemann ruïnes in Klein-Asië (nou in Turkye) ontdek wat beskou word as dié van Troje.

Die Miceners het hul adellikes in groot, ronde byekorfvormige grafte, bekend as tholoi (enkelvoud: tholos), begrawe, dikwels saam met dolke en ander militêre toerusting. Hulle is dikwels begrawe met goue maskers, tiaras, wapentuig en wapens met juwele versier. Miceners is in ’n sittende posisie begrawe en van die adellikes is gemummifiseer.

Historiese verwantskappe duimnael|links|220px|’n Voorbeeld van Lineêr B-skrif. duimnael|180px|Fresko: die "dame van Micene" aanvaar ’n halssnoer as geskenk. Uit ’n chronologiese perspektief is die Laat-Helladiese tydperk (LH, 1550–1060 v.C.) die tyd toe die Miceense Grieke gefloreer het onder nuwe invloede van Minoïese Kreta en die Siklade. LH-pottebakkers het dikwels inskripsies in Lineêr B daarop gemaak. LH word verdeel in I, II en III. Laasgenoemde word verder verdeel in IIIA, IIIB en IIIC.

In Laat-Helladiese potte is gewoonlik goed soos olyfolie en wyn gebêre. LHI-ware het Santorini net voor die Thera-uitbarsting bereik. LHIIB het tydens LMIB begin en is ontdek in Antieke Egipte tydens die bewind van Toetmoses III. LHIIB strek oor die LMIB/LMII-verwoesting op Kreta, wat verbind word met die Griekse oorname van die eiland.

LHIIIA:1 stem ooreen met die bewind van Amenhotep III van Egipte wat onder die opskrif ti-n3-y 'Danaans' die oënskynlik gelykwaardige stede d-y-q-e-i-s 'Thebe' en m-w-k-i-n-u 'Micene' genoem het.

LHIIIB is die tydperk van Lineêr B-skrif in die paleise op die vasteland; voorheen is dit net op Kreta en die Siklade aangetref.

Identiteit Sedert die ontsyfering van die ietwat jonger Lineêr B-tablette word geglo die mense wat gewoonlik Miceners genoem word, was dalk Achajers of is later deur hulle onderwerp. Geen geskrewe bron is nog op ’n Miceense terrein gevind wat aandui wat die mense hulself genoem het nie. Die verwysings in die Ilias na die bewoners van die Peloponnesos en die omringende eilande as Achajers, het die teorie laat ontstaan dat die Miceners wel Achajers kon gewees het.

Politieke organisasie Weens die gebrek aan direkte bronne is die politieke organisasie van die Miceense wêreld onduidelik. Wat wel bekend is, is dat die Neolitiese landelike dorp (6000 v.C.) die grondslag gevorm het van die Bronstydperk se politieke kultuur in Griekeland.. Daar was volgens die Ilias van Homeros, wat eeue later geskryf is, verskeie state: Micene, Pylos en Orchomenos, wat in die argeologie bekend is, asook dalk Sparta of Ithaka, hoewel dit onseker is. Net die state Pylos en Knossos word duidelik genoem in die Lineêr B-tekste. Dit is egter onmoontlik om te weet watter politieke sentrum die belangrikste was, indien een wel was. Moontlike kandidate is Micene, Tiryns, Pylos, Thebe en Orchomenos.

Pylos en Knossos Effens meer inligting, hoewel ook onduidelik, kan uit die Lineêr B-tekste afgelei word oor die interne organisasie van die bekendste koninkryke, Pylos en Knossos.

Dit lyk of dié state deur ’n koning, die wa-na-ka (ϝάναξ, wánax), regeer is wie se rol sonder twyfel godsdienstig was, maar dalk ook militêr en geregtelik. Hy is herkenbaar in die Homeriese woord anax (ἄναξ, "goddelike heer", "heerser", "gas"). Nege verskynings van die woord in tekste wat met offerandes te doen het, dui daarop dat die heersers van Pylos en Knossos waarskynlik aanbid is.

Verder was daar landeienaars, leiers en amptenare. Daar was ook ’n groep adellikes wat die koning in oorlog en vrede gevolg het..

Benewens die lede van die hof was daar ander gesaghebbendes in beheer van plaaslike gebiede. Die koninkryk Pylos was in twee provinsies en verder in sestien distrikte verdeel. ’n Goewerneur was aan die hoof van die distrikte. Ander leiers het aan die hoof van kommunes gestaan.

Gemeenskap en kontakte Dit lyk of die Miceense gemeenskap in twee groepe vrye burgers verdeel was: die koning se gevolg, wat administratiewe take in die paleis verrig het, en die mense wat in die kommunes gewoon het. Laasgenoemde was onder beheer van koninklike agente en moes werk vir die paleis doen en belasting betaal.

Onder dié in die paleisopset was hoë amptenare wat moontlik in die groot huise naby die paleis gewoon het, maar ook ander wat deur hul werk aan die paleis verbind was en nie veel beter daaraan toe was as die mense in die kommunes nie: onder andere ambagslui, boere en dalk handelaars. Aan die onderpunt van die sosiale leer was die slawe, wat óf vir die paleis óf vir spesifieke gode gewerk het.

Teen die einde van die Bronstydperk (tot LHIIIC) was kontak tussen die Miceners en hul bure goed gevestig. Hul konneksies het so ver gestrek as Sardinië,; Suid-Italië en Sisilië; asook Klein-Asië (waar keramiekwerk van hoë gehalte ontdek is).

Miceense pottebakkersware is ook ontdek tot in Siprus,; die Levant,. Egipte. en selfs Suid-Spanje.; Bewyse van die verspreiding van goedere en produkte tussen die sentrums word in die Lineêr B-rekords aangetref, maar nie van direkte onderhandelings nie.

Ekonomie Die ekonomiese organisasie van die Miceense koninkryk blyk tweedelig te gewees het: een groep het vir die paleis gewerk en ’n ander groep vir hulself. Dit weerspieël die gemeenskapstruktuur soos hierbo uiteengesit. Daar was egter niks wat iemand wat vir die paleis gewerk het, gekeer het om sy eie onderneming ook te hê nie. Skribas het toesig gehou oor die ekonomie; hulle het inkomende en uitgaande produkte aangeteken, werk uitgedeel en die verdeling van rantsoene beheer.

Landbou Die grond van Pylos en Knossos was in twee dele verdeel: die paleis- en die kommune-landerye.

Landbou het gedraai om die tradisionele "Mediterreense trilogie": graan, olywe en druiwe. Die graan was koring en gars. Olyfboorde is aangeplant vir die vervaardiging van olyfolie; dit is nie net vir kos gebruik nie, maar ook om aan die lyf te smeer en in parfuum. Druiwe is vir die vervaardiging van verskeie soorte wyn gebruik. Vlas is ook verbou vir linneware en die sesamplant vir sy olie. Bome soos vyebome is ook geplant.

Vee was veral skape en bokke. Beeste en varke was minder algemeen. Perde is hoofsaaklik gebruik om strydwaens te trek.

Nywerheid duimnael|200px|’n Goue oorring uit omstreeks 1600 v.C. (Louvre, Parys). Die organisasie van ambagsmanne is veral bekend in die geval van die paleis. Die argiewe van Pylos dui op ’n gespesialiseerde werkmag – elke werker het tot ’n spesifieke kategorie behoort en ’n spesifieke plek in die vervaardigingsproses gehad.

Die tekstielbedryf was een van die hoofsektore van die Miceense ekonomie. Die tablette van Knossos onthul die hele vervaardigingsproses, van die skeer van die skape en die sortering van die wol tot die berging van die finale produk in die paleis se stoorkamers, asook die toestande in die werkwinkels. In die paleis van Pylos was daar sowat 550 tekstielwerkers in diens en in Knossos sowat 900. Naas wol is vlas die meeste bewerk.

Die metallurgiebedryf is goed aangeteken in Pylos, waar daar 400 werkers was. Hulle het sowat 3,5 kg brons per ambagsman gekry. Dit is egter nie bekend hoe hulle betaal is nie; hulle was vreemd genoeg nie op die rantsoenlyste nie. By Knossos getuig verskeie tablette van die maak van swaarde.

Daar word ook vertel van die vervaardiging van parfuum. Daar was ook ander soorte ambagslui: onder andere goudsmede, ivoorkerwers, steenbewerkers en pottebakkers.

Handel duimnael|links|200px|’n Miceense vaas wat in die akropolis van Ras Shamra in Sirië gevind is, omstreeks 1400–1300 v.C. Daar word nie veel van handel in die geskrewe bronne onthul nie. Dit is byvoorbeeld onbekend wat van die geparfumeerde olies geword het nadat dit in die houers gegooi is. Groot flesse met olie is egter in Thebe gevind. Hulle bevat inskripsies in Lineêr B wat aandui van waar dit kom: Wes-Kreta. Kretensiese tablette rep egter geen woord dat die olie uitgevoer is nie. Daar is min bekend oor die verspreidingsroetes van tekstielgoedere. Dit is bekend dat die Minoïers materiaal van hoë gehalte na Egipte uitgevoer het; die Miceners het waarskynlik dieselfde gedoen. Ondanks die gebrek aan bronne is dit waarskynlik dat sekere produkte, veral materiaal en olie, en selfs metaalvoorwerpe, buite die koninkryke verkoop is, want te veel daarvan is gemaak om net plaaslik te gebruik.

Daar is wel argeologiese bewyse van die uitvoer van Miceense produkte. ’n Aantal vase is gevind in Anatolië, die Levant, Egipte en verder wes in Sisilië, selfs in Sentraal-Europa en Brittanje.. In die algemeen kan die verspreiding van Miceense ware nagespeur word danksy knoetse van klei, voorgangers van die moderne handelsmerk. Dit was klein balletjies klei wat met die vingers om ’n riem (waarskynlik van leer) gevorm en aan die voorwerp geheg is. Op die knoets was ’n seëlafdruk en ’n ideogram wat die voorwerp voorstel. Ander inligting is soms bygevoeg, soos gehalte, oorsprong en bestemming.