Sir Otto John Beit (1865 – 1930) was 'n goudmagnaat. Hy is in Hamburg, Duitsland, gebore as die jonger broer van Alfred Beit. Hy kom in die Witwatersrand aan in 1890 as lid van die firma Herman Eckstein & Co. In 1896 keer hy terug na Londen maar behou kontak in die goud- en diamantbedrywe. Hy tree af na die dood van sy broer in 1906 en wy al sy aandag en geld aan die ontwikkeling van die Rhodes-Trust en Beit Trust. Hy sterf op 7 Desember 1930.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Kategorie:Britse entrepreneurs Kategorie:Duitse Jode Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Duitsland Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode Kategorie:Geboortes in 1865 Kategorie:Sterftes in 1930