Leopold Albu (1860 - 1937) was 'n goudmagnaat. Hy is in Berlyn, Duitsland gebore. Hy arriveer in 1875 in Suid-Afrika en sluit hom in Kimberley aan by sy broer George. In 1891 verhuis hy na Johannesburg. Later word hy 'n resident-vennoot in Londen met die stigting van die General Mining and Finance Corporation.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Geboortes in 1860 Kategorie:Sterftes in 1937