duimnael|300px|Kendal-kragstasie naby Witbank
Kendal-kragstasie is 'n steenkool-aangedrewe kragsentrale in Mpumalanga, Suid-Afrika, omtrent 40km suidwes van Witbank af, en word deur Eskom bedryf. Dit is in 'n gebied waar steenkool ontgin word en ontvang onder andere kole vanaf AEMFC se steenkoolmyn by Vlakfontein naby Ogies.
Kendal is tussen 1982 en 1993 gebou. Die eerste eenheid het in 1988 aanlyn gekom. Krag word by hulle ses 686 MW eenhede opgewek, wat 'n totale kapasiteit van 4 116 MW lewer. Die aanleg het 'n turbine Maksimum Deurlopende Waardering van 35,30%.
Die Kusile-kragstasie is 15 km suid van Kendal geleë.
Verwysings
Eksterne skakels Inligting oor die Kendal-kragstasie op Eskom se webtuiste
Kategorie:Geboue en strukture in Suid-Afrika Kategorie:Kragsentrales Kategorie:Witbank