Tera, afgekort as T, is 'n SI-voorvoegsel wat gebruik word in die SI-stelsel en verteenwoordig 'n ordegrootte van 1012.

Die voorvoegsel tera- word gebruik vir byvoorbeeld frekwensie. Elektromagnetiese straling in die terahertz (THz)-gebied is 'n moeilik toeganklike gebied tussen infrarooi en mikrogolwe. 'n Ander aanwending is in die rekenaarwetenskap. 'n teragreep (TG) is 1012 grepe. Indien sonkrag die mensdom van energie moet voorsien, sal die vermoë die vlak van terawatt (TW) moet bereik. Een ligjaar is 9 460,73 terameter (Tm) maar dit word min gebruik.

Verwysings

Kategorie:Eenhede