220px Westfield Stratford City
Stratford, Londen
Opening
13 September 2011
Bestuurder
Westfield Corporation
Aantal winkels en diensverskaffers
350
Ankerhuurders 200px Marks & Spencer John Lewis Waitrose
Totale verhuurbare winkelruimte
175 000 m2
Aantal verdiepings
3
Webtuiste stratfordcity Westfield Stratford City is 'n winkelsentrum in Stratford, Londen. Met 'n totale verhuurbare winkelruimte van 175 000 m2 is die sentrum, wat op 13 September 2011 geopen is, een van die grootstes van sy soort in Europa. Dit is die derde grootste winkelsentrum in die Verenigde Koninkryk volgens verhuurbare winkelruimte na die Intu Metrocentre in Gateshead en die Trafford Centre in Groter Manchester. As ook die omliggende winkels ingereken word, is Westfield Stratford City selfs die grootste winkelsentrum in die Europese Unie.www.london24.com, 21 September 2011: £20m spent in first week at Westfield Stratford City duimnael|links|Westfield Stratford City duimnael|links|'n Greater Anglia-trein ry deur Stratford-stasie. Westfield Stratford City (in die agtergrond) word deur treine en busse met ander dele van Londen verbind Westfield Stratford City is naby die Queen Elizabeth Olympic Park, East Village en Stratford se streek- en internasionale treinstasie geleë en maak deel uit van 'n groot ontwikkelingsprojek wat as Stratford City bekend staan. Volgens die ontwikkelaars lewer die sentrum 'n belangrike bydrae tot die plaaslike ekonomie deur die skepping van tot 10 000 permanente werkgeleenthede, waarvan 2 001 werkgeleenthede vir inwoners van Stratford. Nogtans is daar berigte dat die sentrum met sy groot winkelkettings en twee afdelingswinkels, John Lewis en Marks & Spencer, 'n negatiewe impak op winkels in die omgewing het.London Evening Standard, 3 Januarie 2012: New Olympic Westfield leaves local traders fighting for survival
Westfield Stratford City is een van twee groot winkelsentrums wat deur die Australiese Westfield Corporation in die Britse hoofstad bedryf word. Die ander sentrum, Westfield London, is in Shepherd's Bush in Wes-Londen geleë.Westfield London. Besoek op 12 Desember 2017
Verwysings
Kategorie:Londen