Dorothy Fischer (1931 - 19 Oktober 1981) was die eerste Suid-Afrikaanse vrou wat 'n hartoorplanting ontvang het. Dr. Christiaan Barnard en sy span het op 17 April 1969 dié oorplanting op Fischer gedoen. Fischer was 38 jaar oud en dit was die vyfde hartoorplanting wat hy en sy span uitgevoer het.
Fischer is op 19 Oktober 1981, twaalf jaar na die operasie, as gevolg van kroniese verwerping oorlede. Op daai stadium was sy die pasiënt wat die langste met 'n nuwe hart oorleef het. Barnard het gesê dat sy 'n lewende bewys is dat hartoorplantings, ten spyte van die liggaam se verwerping van vreemde weefsel, wel werk.
Navorsers het eers teen die middel 1980's medikasie (siklosporien) ontwikkel om verwerping teen te werk.sahistory.org , besoek op 19 Oktober 2014remembered.co.za, besoek op 19 Oktober 2014
Bronne Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Sterftes in 1981 Kategorie:Suid-Afrikaners