Rhodesgras (Chloris gayana) is 'n grasspesie uit die Serengeti-gebied wat in die 19de eeu deur Franse Morawiese sendelinge na die distrik van Queenstown ingevoer is. Dit is later deur Cecil John Rhodes gekweek by Groote Schuur. Dit is 'n sagte blaarryke, meerjarige rankende somersgras wat tot 2 meter hoog kan groei. Die soetgras se saad is milddadig en dit kan ook deur aktief groeiende bogrondse lopers versprei. Dit is 'n waardevolle oorjarige gras vir hooi en somerweiding waar dit genoeg reën. Dit was egter onsuksesvol in Zimbabwe en ander gebiede wat hoog geleë is

Fotogalery

Landbou Die beweidingskapasiteit is goed:

Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Verwysings

Kategorie:Grasse Kategorie:Uitheemse plante van Suid-Afrika