duimnael|links|Texas Instruments se kantore in Goleta, Kalifornië

Texas Instruments (TI) is 'n Amerikaanse produsent van halfgeleiers en rekenaartegnologie. Die maatskappy se hoofkantoor is in Dallas, Texas in die Verenigde State van Amerika geleë. In 2005 was hulle die grootste vervaardiger van mikroskyfies vir selfone ter wêreld.

Geskiedenis Op 6 Desember 1941 neem Cecil H. Green, J. Erik Jonsson, Eugene McDermott en Patrick E. Haggerty die maatskappy Geophysical Service Incorporated oor. Hulle het tydens die Tweede Wêreldoorlog produkte onder dié naam aan die Amerikaanse weermag gelewer. Vanaf 1951 verskaf die maatskappy nie meer produkte aan die Amerikaanse weermag nie en is die maatskappy se naam na Texas Instruments verander.

Texas Instruments het 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die persoonlike rekenaar en die sakrekenaar gespeel. Navorser Jack Kilby ontwikkel in 1958 die geïntegreerde stroombaan, die mikroskyfie. Die het 'n nuwe wêreld van sakrekenaars en rekenmasjiene ontsluit.

Produkte Texas Instruments vervaardig allerlei tipes elektronika, insluitend sakrekenaars, mikroskyfies vir selfone, modems en digitale kameras. Die maatskappy het ook tot 1997 rekenaars gemaak. Die rekernaarafdeling is egter in 1997 deur Acer oorgeneem. Hulle fokus sedertdien op verwerkers vir veral selfone en later ook vir tablette.

Verwysings

Bibliografie P. Binant, Au coeur de la projection numérique, Actions, 29, 12-13, Kodak, Paris, 2007. T. R. Reid, The chip : how two americans invented the microchip and launched a revolution, Random House Trade Paperbacks, New York, 2001. Nobel lectures, World Scientific Publishing Co., Singapore, 2000.

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste

Kategorie:Amerikaanse maatskappye