duimnael|Uitsig oor Kapernaüm en die Meer van Tiberias duimnael|Sinagoge uit die 4de eeu, gebou op die fondamente van die sinagoge uit die tyd van Christus duimnael|Die sogenaamde huis van Petrus
Kapernaüm (Hebreeus: כפר נחום - Kefar Nachum, "dorp van Nahum") was 'n vissersdorpie aan die noordelike oewer van die Meer van Tiberias (See van Galilea).Freedman, DN 2000, Eerdmans Dictionary of the Bible, Amsterdam University Press Die nedersetting is tussen 150 v.C. en ongeveer 750 n.C. bewoon. Dit het 'n bevolking van ongeveer 1 500 mense gehad.Borgen, P, Aune, DE, Seland, T & Ulrichsen, JH 2003, Neotestamentica et Philonica, BRILL Publishing.
Argeologiese opgrawings het getoon dat twee ou sinagoges hier gebou is, die een oor die ander. 'n Kerk naby Kapernaüm word as die huis van Petrus aangedui.
Kapernaüm word in die Nuwe Testament vermeld as die woonplek van Jesus en verskeie van sy dissipels: die broers Simon Petrus en Andreas, die broers Jakobus en Johannes en verder Matteus die tollenaar van die gelyknamige evangelie.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in Israel Kategorie:Nuwe Testament