Die Suid-Afrikaanse Klas 25NC 4-8-4 van 1953 is 'n Suid-Afrikaanse stoomlokomotief van die Suid-Afrikaanse Spoorweë era.

Tussen 1953 en 1955 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë vyftig Klas 25NC stoomlokomotiewe met 'n 4-8-4 "Northern"-tipe wieluitleg in diens geplaas. Die Klas 25NC is die nie-kondenseerweergawe van die Klas 25 kondenseerlokomotief, waarvan negentig in diens geplaas is gedurende dieselfde tyd. Tussen 1973 en 1980 is almal, behalwe drie, van die negentig Klas 25-kondenseerlokomotiewe omgeskakel na nie-kondenseerlokomotiewe en ook geklassifiseer as Klas 25NC.

Ombouing vanaf Klas 25 As gevolg van die baie en moeilike instandhoudingsvereistes van die kondenseerders was al die Klas 25-lokomotiewe behalwe drie se kondenseerders verwyder. Hulle is hergeklassifiseer as Klas 25NC. Daar is 'n watertenk in die plek van die kondenseerder op die kolewa gebou. Terselfdertyd is nog 50 Klas 25NC-lokomotiewe bestel by North British Locomotive Company en 39 by Henschel.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine